GOUE TREFFERS VANI KAAP!

Goue-Treffers-Vani-Kaap-(2)-(1)

DEBUUT Kontemporêre musiek

Met Karin Kortje, Robin Pieters en Elwira Standili Vervaardiger: Karin Kortje

’n Musiekblyspel met van jou gunsteling- goue treffers uit die hartjie van die Kaap, aangebied deur drie kunstenaars van die Kaap. Karin Kortje, ’n Idols-wenner van Grabouw, het in haar lewe baie uitdagings te bowe gekom en haar loopbaan getuig van deursettingsvermoë en waagmoed. Sy deel graag haar liefde en rou, eerlike emosies met die gehoor. Oor Elwira Standili skryf The Sowetan die volgende: “This Worcester born songstress has a voice that could probably unite fighting armed forces.”

Sy kom van die stofstrate van ’n klein gemeenskap, maar sy kan ’n gehoor vol staan. Robin Pieters het TV-gehore gaande gehad met sy optrede op The Voice SA en was al ’n gaskunstenaar by verskeie vertonings oor die land heen. Met Goue treffers vani Kaap deel dié drie sangers in ’n intieme ruimte hul liefde vir musiek deur sterk ballades met ’n tikkie nostalgie wat jou sal wegvoer.

Afrikaans en Engels • Gesin R145 (R160 by die deur) | 60 min. | Die Windpomp Restaurant Teater

1 April 21:00; 2 April 14:30

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?