Geheime Taal

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-geheime-taal

DEBUUT Drama

Met Lizz Meiring Regie: Lizz Meiring Vervaardiger: Artist Warehouse CC

Freda is ’n oujongnooi-bloemiste van 50-plus met ’n klein besigheid. ’n Muwwerige klein perseel waar tyd stilgestaan het. Dit sien mens ook in haar keuse van blomme en haar rangskikkingstyl. Sy verkies om slegs bestellings via die internet en foon te hanteer. Nie juis ’n mense-mens nie. Inderwaarheid is sy bleddie ongeskik, maar ’n amusante bitterbek met ’n skerp tong. ’n Vrou wat sommer hardop sê wat ander te ordentlik is om te uiter. Maar daar is een duidelike en verskuilde rede vir haar agterdog en afkeuring van die mensdom, want ander verstaan nie haar geheime taal nie – die enigste taal wat vir haar sin maak, die enigste kommunikasie waarin sy veilig voel. Dié taal is die geheime taal van blomme.

Afrikaans • Geen o/14  | T |R125 | 75 min. | Laerskool Van Reedesaal

8 April 17:00 | 9 April 13:00 | 10 April 13:00 | 11 April 09:00 | 12 April 20:00 | 13 April 17:00 | 14 April 20:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?