FRAGMENT

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-fragment

Drama

Aangebied deur ATKV-Tienertoneel

Met Nienke Geldenhuys, Trompie Booysen, Ludick Bezuidenhout, Alexa le Roux, Cailin Aylward, Izelle Viljoen, Maja Smith, Andrew de Jager, Landolph Schütz, Marlenke Scholtz, Mieke Verster, Stefan Brundyn, Mieke Fabel en ’n 18-stuk-koor Teks: André Gerber Regie: Jan Burger en Amelia van Wyk Verhoogbestuurder: Nicolene Potgieter Klankoperateur: Christo Erasmus Beligtingsoperateur: Ruan Potgieter Choreografie: Jan Burger, Amelia van Wyk en Gabriella Bishop

’n Volkswagen Caddy word op ’n klein dorpie deur ’n bom verwoes. Twee tieners wat in die voertuig was, sterf. Niemand weet wie die bom geplant het, of waarom nie. Die onsekerheid en vrees lei tot spanning, forseer onderdrukte vooroordele na die oppervlak en veroorsaak suurdeeg in elke verhouding. Soos die skokgolwe al wyer uitkring, breek dit deur die vernis van oënskynlike vreedsaamheid en ontbloot ’n gemeenskappie vol gefragmenteerde verhoudings. Fragment, deur Hoërskool Durbanville, is in 2016 as die wenner van die 52ste ATKV-Tienertoneelkompetisie aangewys. Fragment ontvang ook die prys vir beste regie, beste ensemblewerk, beste aktrise in ’n hoofrol, beste aktrise in ’n ondersteunende rol en beste beligtingsoperateur.

Afrikaans • OB T V S | R90 | 45 min. | Griesselsaal

14 April 09:00 | 15 April 12:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?