Filmverse 2

kknk-2017-beleef-dit-web-images-600x500-visuele-kuns-filmverse

Aangebied deur die ATKV

Artistieke regisseur: Diek Grobler

Filmverse 2 is ’n voortsetting van die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek, ten einde 12 gedigte “sigbaar” te maak. Dit sluit gedigte van ons ouer digters soos Elizabeth Eybers, DJ Opperman en Boerneef in, asook werk van jonger digters Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout en Ronelda Kamfer. Gedigte van Joan Hambidge, Johann de Lange, Jeanne Goosen, Marlise Joubert en Heilna du Plooy is ook ingesluit. Dié produksie is meertalig met klankbane in Afrikaans, Engels, Zoeloe of Sesotho. Filmverse 1 het internasionaal en plaaslik groot lof ontvang en verskeie films is internasionaal bekroon. Een van dié films is vir die eerste keer as Afrikaanse animasiefilm op die program van die Annecy-animasiefees in Frankryk ingesluit.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?