Fiëstas 2017: KKNK spog met vrag vol benoemings

Fiestas

Die finaliste vir kykNET se jaarlikse Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Talle KKNK debuut-werke en Kunste Onbeperk-produksies is benoem.

Een van die aanpassings wat die Fiëstas-paneel in samewerking met die organiseerders gemaak het, was om die musiekkategorieë uit te brei.

Die kategorie vir Beste Opkomende Kunstenaar is ook vanjaar terug met vier talentvolle jongelinge wat vir die toekenning in aanmerking kom. Daar is dus, ingesluit die toekennings vir die gunsteling fees en die Blou Stoel-toekenning, vanjaar ’n totaal van sewentien Fiësta-toekennings op die spel.

Die kykNET Fiësta-toekenningsgeleentheid vind op Donderdag 23 Februarie 2017 in die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad plaas en word regstreeks op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.

Vier jong regisseurs, Nico Scheepers, Amy Jephta, Wolf Britz en Steven van Wyk, is as deel van ’n mentorskap-program by die toekenningsaand betrek. Hulle sal elkeen verantwoordelik wees vir die vier vermaak-segmente van die aand, wat die opening en finale insluit. Die uitvoerende regisseur van die toekenningsaand is Ian von Memerty en die musiekregisseur is Janine Neethling. Die TV-regisseur vir die regstreekse uitsending is Rudi Botha.

Hier is ’n lys van KKNK benoemings:


Beste Aanbieding
·        Kul

Beste Musiekgedrewe Produksie – Teater
·         Die Afrikaansvatter
·         Heidi
·         Hensop! 

Beste Musiekgedrewe Produksie – Podium
·         Amanda Strydom – Rugsak vol Robyne 
·         Naledi berge nog so blou

Beste Musiekgedrewe Produksie – Arena
·         Boontoe! Engelstemme vir Paassondag 
·         Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band 

Beste opkomende kunstenaar
·         Faith Kinnair – Valencia (Uitkampteater)
·         David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek (Uitkampteater)

Beste nuutgekepte Afrikaanse opvoering
·         Hensop! – Francois Toerien, Wolf Britz en Grethe van der Merwe (’n Kunste Onbeperk en US Woordfees ko-produksie)

Beste Teaterontwerp
·         Francois Toerien en Kosie Smit – Stelontwerp vir Heidi
·         Rocco Pool – Stelontwerp vir Die huis van Bernarda Alba
·         Birrie le Roux – Kostuumontwerp vir Die huis van Bernarda Alba

Beste Regie
·         Francois Toerien – Heidi

Beste vroulik byspeler
·         Nicola Hanekom – Kul
·         Lynelle Kenned – Heidi
·         Cintaine Schutte – Die huis van Bernarda Alba

Beste Aktrise
·         Antoinette Kellermann – Die huis van Bernarda Alba
·         Karli Heine – Heidi

Beste Manlike Byspeler
·         Dawid Minnaar – Die huis van Bernarda Alba
·         Tobie Cronjé – Heidi

Beste Akteur
·         Tobie Cronjé – Kul
·         Chris van Niekerk – Pa

Die volledige lys van benoemings is hier beskikbaar.

Kykers kan van 12 Desember 2016 tot 13 Januarie 2017 hier vir hul gunsteling-fees stem.

Die Bloustoel-toekenning sal tydens die Fiëstas bekend gemaak word.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?