Ervaar die Klein Karoo tydens KKNK 2018

Swartberg-Eco-en-Erfenis-Ervaring

Die Klein Karoo het beslis geen tekort aan vermaak nie en besoekers word aangeraai om deel te neem aan die plaaslike pret.

Kom neem deel aan die rolbaltoernooi in St. Johnstraat, aangebied deur die Oudshoorn Rolbalklub.

Dalk wil jy ’n bietjie terugsit, ontspan en net ’n heerlike ontbyt geniet by die Buffelsdrift Game Lodge. Geniet ook ’n interaktiewe sessie met die olifante en neem hope ongelooflike eens-in-’n-leeftyd foto’s daar.

Jy kan selfs fietsry by die Ostrich Crawl MTB, wat deel is van die Eden XCM-reeks of ’n unieke avontuurlustige ervaring geniet deur die Swartbergpas met die Wilgemandel Vakansieplaas.

Met Chris Koch kan jy ’n solovertoning geniet in die vorm van ’n sprokie vir volwassenes.

Skoonlief en die Ondier beeld die karakters van vyf verskillende whiskies uit. Die vertoning is daarop gemik om vermaaklik en leersaam te wees, en gehoordeelname word aangemoedig.

Dit is lighartig storievertelling met die bonus dat vyf whiskies uit die Glenmorangie- en Ardbeg-stal geproe kan word. Daar word heerlik met die taal gespeel – lekker tong-in-die-kies-vermaak.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?