Engel met ’n hamer

engel-met-n-hart

Engel met ’n hamer deur Joey van Niekerk

Hoorbeeld

Met André Weideman, Cintaine Schutte, Juanita Swanepoel, Johann Nel, Susanne Beyers, Deon Lotz, Johann Stassen, Ronél Geldenhuys en Pieter Cillié
’n RSG Kunstefees 2016-opdragwerk oor die lewe van Beyers Naudé, wat in 1993 vir die Nobelprys vir vrede benoem is. Naudé het 14 eredoktorsgrade in sy leeftyd ontvang, asook onder meer die Franklin D. Roosevelt Four Freedoms Award in die VSA. Hierdie geskiedkundige drama handel oor die lewe van die dominee, teoloog en anti-apartheidsaktivis Beyers Naudé, ook bekend as oom Bey. Dit is die storie van iemand wat die moed gehad het om te sê: “Tot hiertoe en nie verder nie. Ek mag nie langer stilbly en niks doen nie.” Tussendeur die onstuimige gebeure vertel die bekroonde radio-dramaturg Joey van Niekerk ’n aangrypende liefdesverhaal. Bowenal is dit ’n drama oor geloof en hoop.

Gratis | 90 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum

14 April 14:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?