En dit reën áltyd in die Klein Karoo tydens die KKNK

 

Op 9 April het Die Hoorn ’n artikel geplaas oor die spesiale promosie op kaartjies vir die Rivierbuurt. Die artikel lig lesers ook in oor alles wat by die Rivierbuurt gebeur en bevat ook die aandprogram van die Huisgenoot-verhoog.

GOEIE nuus vir KKNK-feesgangers! Die Rivierbuurtkaartjie bied vanjaar toegang tot die gewilde opelugkonserte en ook Huisgenoot se aandkonserte. Nog beter nuus is ’n spesiale promosie van­dag (23 Maart) waartydens ’n week­kaartjie vir die Rivierbuurt teen ’n spotgoedkoop prys te koop is.

Die weekkaartjie kos slegs R175 (’n besparing van R75) en bied toegang tot konserte van kunstenaars soos Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, HemelBesem, Kurt Darren en Refentse.

Vir diegene wat so na aan die verhoog moontlik wil kom, is golden circle-kaartjies beskikbaar vir Juanita, Bok en vriende (8 April), Theuns Jordaan & Dr. Victor (9 April), kykNET Jukebox (14 April) en Kleurvol (15 April). Dié golden circle-kaartjies, wat nie toegang tot die Rivierbuurt bied nie, kan ook vandag teen ’n afslagprys van R50 per kaartjie (’n besparing van R30) opgeraap word.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?