Du Toit Albertse in Die Meermin-kompleks

Die-Meermin-kompleks-1000x500

Robbie is vas oortuig hy is ’n borrel. Die dorp verdink hom van ’n meermin wees. Albei is ewe uit plek met die Calvinistiese oortuigings van die verlate kusdorpie, Draadbaai.

Robbie probeer maar net sy plek tussen die grond en see vind, maar sy emosionele reis word onderbreek deur die onheilspellende duikers met hul meerminjagte, sy vader wat hom probeer “regmaak”, pastoor Ursula se duistere agenda en sy kwynende geestestoestand wat aan ’n boogie board hang.

Die meermin-kompleks is ’n tragikomiese reeks episodes wat die Victoriaanse ideologieë oor die heiligheid van kindwees, sowel as regstellende verkragtings van gays, in ’n Afrikanerkonteks ondersoek.

Die Meermin-kompleks is deel van die Uitkampteater-inisiatief. Kaartjies is R20 en kan voor elke vertoning gekoop word. Die produksie is te sien voor die Absa Burgersentrum.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?