Drama op die planke in die Klein Karoo

Die artikel wat op 13 Februarie in The Gremlin verskyn, vertel lesers meer oor die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2017. Lesers kan meer lees oor die verskeidenheid produksies wat te sien gaan wees by vanjaar se fees. Die artikel gee ook ’n oorsig van die vereerdes by die fees.

“Vanjaar se toneelaanbod is divers met kontemporêre en klassieke stukke, werke wat suksesvol elders aangebied is en uitmuntende dramas wat vir die heel eerste keer opgevoer word”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK.

In Weerklink van ’n wanklank – ’n eenman memoir kyk Pieter-Dirk Uys, wat vanjaar met die Kunste Onbeperk Kruispunt vereer word, terug na die padwysers wat hom onbewustelik deur sy lewe in die regte en ’n oorspronklike rigting gestuur het. Uys, nou in sy 71ste jaar, se meer as 7 000 solovertonings het hom geleer dat elke optrede die eerste én laaste is, want elke gehoor vereis en ontvang ’n ander energie.

Jason Jacobs, vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk Nuwe Stem, behartig die teks, regie en ontwerp van In wag van, waar toegewyde geloof trompop teen vrees vir die dood te staan kom. Jacobs het ’n Theatre Arts Admin Collective-beurs vir regie met dié stuk gewen. In die rolverdeling is Gantane Kusch, Courtney Smith, Gershwin Mias en Vathiswa Nodlayiya.

Jacobs behartig ook die teks, regie en ontwerp van Kalahari Swaan, geïnspireer deur Tsjaikowski se Swanemeer. Dié drama vertel die storie van ’n jong mynwerker wat droom van ’n beter lewe vir hom en sy gesin en besoek met dans en poësie verskeie magiese ruimtes wat by die samelewing spook. Gershwin Mias, Kaylin Coetzee, Dustin Beck en Nina Callaghan is hierin te sien. Beck is ook te sien in Jacobs se solo dans-drama, Stof Rooi.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?