Dop

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-dop

Komedie-drama

Ondersteun deur NATi

Met André Odendaal en Wilhelm van der Walt Vervaardiger: Kosie Smit Regie: Sylvaine Strike Teks: Retief Scholtz

Dop is ’n komedie-drama met die bekroonde akteurs André Odendaal en Wilhelm van der Walt. Frank Venter (Odendaal) is die man op straat. Een van duisende daarbuite wat min mense ooit sal ken en wat nog minder sal onthou. Soos elke mens het Frank ’n storie. Niemand luister na sy storie nie. Dit is dan tog nie so indrukwekkend nie, of is dit? Frank sit in ’n kroeg. Dis sy verjaarsdag. Buiten vir die kroegman, Tim (Van der Walt), is Frank alleen in die kroeg, soos in sy lewe. Albei het iets van die ander nodig: Frank ’n klankbord om sy bestaan te bevestig en Tim soek die regte woorde om sy hart uit te praat. Twee vreemdelinge begin gesels oor die lewe, generasies, emigrasie, drome (onvervuldes en nuwes), die kunsdiefstal van 1990, reënwoude, spyt en perdedrolle wat nie vye is nie. In wyn lê die waarheid…

Afrikaans • Geen o/12 | OB |R110 | 80 min. | Griesselsaal

8 April 18:30 | 9 April 12:00 | 10 April 15:00 | 11 April 09:00

 

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?