DIE WOORDEMAKER DEUR INA STRYDOM

KKNK 2018 - web images 1000x500 Die Beiteltjie 05 Die Woordemaker

W.A. de Klerk sou verlede jaar 100 jaar oud geword het. Die woordemaker is ’n herontdekking van die werk van ’n meestervakman en ’n woordsmid by uitstek. De Klerk was ’n radioman, ’n advokaat en ’n skrywer. Toe die skryfgogga hom beetpak, het hy besef advokaatwees en skrywerskap is wedersyds uitsluitend en hy het hom op sy plaas Saffier naby die Paarl gaan vestig, waar hy ’n vrugtekweker was. De Klerk was ’n veelsydige skrywer en het jeugverhale, reisverhale, essays, romans en dramas geskryf. Sy nalatenskap sluit in die romans Die uur van verlange en Die wolkemaker; jeugverhale soos Willemien se ligte dae en dramas soos Die jaar van die vuuros, waarvoor hy ook met die Hertzogprys bekroon is. De Klerk het ’n hartgrondige belangstelling in en liefde vir die natuur en die mens gehad. Hy het geglo dat ’n mens met “skroei-eerlikheid” na die wêreld om jou moet kyk sodat jy die patrone kan herontdek. Dié hoorbeeld is ’n viering van dié veelkantige vakman se werk. Hoorbeeld: 2017

Gratis | 25 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nelmuseum

3 April 14:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?