Die vrou uit die see

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-die-vrou-uit-die-see

Drama

’n Innibos-produksie, befonds deur NATi

Met Jana Strydom, Neels van Jaarsveld, Erik Holm, Kaz McFadden, Amalia Uys, Theodore Jantjies, Gavin van den Berg en Natasha Dryden Regie en klankontwerp: Henry Mylne Teks: Henrik Ibsen Vertaling: Hugo Taljaard Kostuum- en beligtingsontwerp: Wilhelm Disbergen

Die aangrypende liefdesverhaal van Ellida wat met dr. Wangel getroud is. Ellida bewaar ’n geheim ­– sy het eens deur die see ewige trou aan ’n matroos beloof en kan die vreemdeling nie vergeet nie. Dan daag hy onverwags op. Wat ontvou, is ’n pragtige liefdesverhaal vol intriges. Voeg daarby die heldin Ellida se obsessie met die see en die tafel is gedek vir ’n kragtoer en ’n visuele skouspel wat jou sal meevoer tot die einde.

Afrikaans • OB | R130 | 105 min. | Johnny Bisschoff-saal

12 April 14:30 | 13 April 10:00 | 14 April 14:30 | 15 April 14:30

 

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?