DIE MEERMIN-KOMPLEKS

MEERMIN

DEBUUT Drama

Met Du Toit Albertze Regie: Wessel Pretorius Teks: Du Toit Albertze
Robbie is vas oortuig hy is ’n borrel. Die dorp verdink hom van ’n meermin wees. Albei is ewe uit plek met die Calvinistiese oortuigings van die verlate kusdorpie, Draadbaai. Robbie probeer maar net sy plek tussen die grond en see vind, maar sy emosionele reis word onderbreek deur die onheilspellende duikers met hul meerminjagte, sy vader wat hom probeer “regmaak”, pastoor Ursula se duistere agenda en sy kwynende geestestoestand wat aan ’n boogie board hang. Die meermin-kompleks is ’n tragikomiese reeks episodes wat die Victoriaanse ideologieë oor die heiligheid van kindwees, sowel as gay regstellende verkragtings, in ’n Afrikaner-konteks ondersoek.
Afrikaans • Geen o/13 T S | R20 | 20 min. | Voor die Absa Burgersentrum
Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?