DIE MAN MET DIE BLOM IN SY MOND DEUR LUIGI PIRANDELLO

KKNK 2018 - web images 1000x500 Die Beiteltjie 16 Die man met die blom

Met Chris van Niekerk en Anrich Herbst Vertaling: F.P. van der Merwe Regie: Christelle WebbJoubert Die Italiaanse dramaturg Luigi Pirandello het in 1934 die Nobelprys vir letterkunde ontvang vir sy “byna magiese kragte om sielkundige analise in goeie teater te omskep”. Chris van Niekerk het met die teks kennis gemaak as student en hy lewer ’n kragtoer in dié stuk. Pirandello sou vanjaar 150 jaar oud wees en hierdie kort drama gaan oud en jonk diep roer. Volgens die regisseur Christelle Webb-Joubert was die grootste uitdaging om die lang stukke dialoog lewendig te hou en die luisteraar se aandag te behou. Pirandello se woordryke teks en Van Niekerk se sielvolle vertolking het egter haar werk baie maklik gemaak. Radiodrama: 2017

Gratis | 25 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nelmuseum

31 Maart 15:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?