DIE DANS VAN DIE WATERMEID

Die-Dans-van-die-Watermeid-Nardus-Engelbrecht-

Drama

’n Ko-produksie tussen NATi en die Baxter-teatersentrumsentrum. Ondersteun deur die US Woordfees en Kunste Onbeperk

Met Rehane Abrahams, Gretchen Ramsden, Ephraim Gordon, Elton Landrew, Abduraghmaan Adams en Celeste Mathews-Wannenbürg Regie: Jason Jacobs Regisseursmentor: Lara Foot Teks: Amee Lekas Teksmentor: Saartjie Botha Musiek: Pierre-Henri Wicomb Ontwerp: Birrie le Roux Beligtingsontwerp, produksie- en verhoogbestuurder: Michael Garbett Vervaardiger: NATi / Baxterteatersentrum

Die dans van die watermeid speel af in die klein dorpie Willowmore in die Groot-Karoo. Die mense van Willowmore is gelowig en nog meer bygelowig – ook oor die mite van die watermeid wat verlossing bring. Ná jare is Kim weer terug op Willowmore vir haar Ouma Mildred se begrafnis. Haar terugkoms en die dood van haar ouma bring ou herinneringe terug. In Die dans van die watermeid is die oproep van spoke so te sê ’n werklikheid. Die karakters bevraagteken en ondersoek hul lewens en menswees deur vergelykende parallelle met die watermeid se misvormde wese: halfmens-halfvis. In Evie se woorde: “Hoor vir Ant Mil. Is tog die watermeid wat ons moet red.” Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 2 April om 15:45.

Afrikaans • Geen o/10 G | R105 (R120 by die deur) | 75 min. | Gimsaal
1 April 09:00; 2 April 14:30; 3 April 19:30; 4 April 09:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?