DIE BURGER

KKNK-2017-sponsors-web-Borgeboodskappe-fotos-250x250-DieBurger

Die Burger is baie trots daarop om vanjaar weer betrokke te wees by die KKNK. Dié koerant en die fees stap sedert die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se beginjaar al ’n lang pad saam waarop ons twee se stories op ’n belangrike manier verweef geraak het. Saam is ons storievertellers. Ons vertel stories wat vermaak én uitdaag. Die Burger én die KKNK hou die spieël op om die wêreld, maar ook ons mense se plek daarin, krities te kan betrag. Ons albei is ’n forum vir nuwe idees waar mense uit verskillende gemeenskappe bymekaarkom en mekaar kan verryk om agterna dalk ons wêreld en sy dinge deur ’n nuwe, ruimer lewensbeskouing te sien. Dat ons dié storie in Afrikaans kan vertel, en dat die KKNK aan die spits staan van die uitbou van die kunste in Afrikaans, maak Die Burger baie trots. Dit bly ’n merkwaardige prestasie, maar die syfers oor hoeveel mense dit bywoon en hoeveel geld bestee word, is net deel van die verhaal. Die KKNK is die markplein van die Afrikaanse kunstewêreld. Toneelstukke wat by die fees opgevoer word, word van Oudtshoorn tot die verste uithoeke van die land uitgevoer, waar mense wat honger is vir vermaak gretig daarna uitsien. Die Burger moedig jou aan om deel te wees van en deel te neem aan hierdie wonderlike gebeurtenis. Naas al die kuns van wêreldgehalte wat jy kan ervaar, raak Die Burger ook belangrike aktuele onderwerpe aan in ons gesprekreeks wat vanjaar onder die bekwame leiding van Waldimar Pelser en Ivor Price staan. Kom loer in en by Media24 se Feeskafee en gesels saam!

Willem Jordaan
Redakteur: Die Burger

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?