DIE BESTE VAN DCAS

5-1000x500

Drama

Die produksies van die finaliste van die Eden-dramafees word deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, in samewerking met die KKNK, aangebied. Jeug van regoor die Eden-distrik ding mee om die titel van die beste produksie. Met die hulp van die Baxterteater se Zabalazafees-span, word hierdie jong mense in alle aspekte van teater opgelei – van die skryf van ’n teks tot die opvoer van ’n produksie. Fasiliteerders soos Thami Mbongo, Bongile Mantsai en Abduraghmaan Adams deel hul vaardighede en tyd om die talent van die opkomende deelnemers te ontwikkel. Ná afloop van verskeie werksessies en voorleggings word die beste produksies aangewys om by die KKNK ten toon gestel te word.

Afrikaans en Engels • Gesin | Gratis | 360 min. | Schoemanspoort

31 Maart 12:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?