DIE BABA MET DIE BADWATER

Die-baba-met-die-badwater2 POST

Komedie

’n US Woordfees-produksie

Met o.a. Lindi Stander en Kaz McFadden Regie: Henry Mylne Teks: Christopher Durang Oorspronklike titel: The Baby with the Bathwater Vervaardiger: US Woordfees

Weet voornemende ouers werklik wat om te verwag as hulle verwag? Of het jy ’n kroos, en is jy soms bekommerd dat jy ’n slegte ouer is? Dan is dié absurde komedie net die opvoering om jou vertroue in jou eie vermoëns te herstel. ’n Paartjie kom tuis met hul pasgebore baba, onseker wat die kind se geslag is. Die onbevoegde, maar liefdevolle ouers besluit (verkeerdelik) dis ’n dogtertjie en noem haar Daisy. Daarna kan dit nie slegter of snaakser gaan nie. ’n Klassieke komedie wat die toets van die tyd deurstaan het.

Afrikaans • Gesin | R135 (R150 by die deur) | 105 min. | kykNET Hoërskoolsaal
1 April 09:30; 2 April 18:00; 3 April 09:30; 4 April 14:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?