We didn’t come to hell for the croissants by KKNK 2017

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-we-didnt-come-to-hell-2

Komedie-kabaret

Met Jemma Kahn en De Klerk Oelofse Regie: Lindiwe Matshikiza Teks: Jemma Kahn, Tertius Kapp, Rosa Lyster, Lebogang Mogashoa, Justin Oswald en Nicholas Spagnoletti Vertaling: Tertius Kapp Vervaardiger: PopArt Productions, in samewerking met Jemma Kahn

Jemma Kahn en haar minagtende sidekick keer terug in die opvolg van die internasionale kultustreffer The Epicene Butcher and Other Stories for Consenting Adults (by die 2014-KKNK benoem as beste komedie). Sewe hoofsondes. Sewe Suid-Afrikaanse skrywers. Sewe stories wat die sondelose verlei en die onsedelike verstom. Dit is ’n rou vertolking van die antieke Japannese storievertelkultuur, kamishibai, in ’n Suid-Afrikaanse konteks, verweef met ’n vars en donker terugblik op eksplisiete orgiastiese seks, die dood en alles wat tussenin skuil. Beslis nie vir kinders nie. Behalwe as jy ’n aaklige ouer is.

Afrikaans en Engels | Geen o/16 | G T S N | R100 | 70 min. | Die Parlement

13 April 11:00 | 14 April 11:00 | 15 April 17:00

Klik hier om kaartjies te koop.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?