Daniel Hugo pak wéér propvol boekegesprek

kknk-2017-beleef-dit-web-images-600x500-gesprekke-daniel-hugo

Daniel Hugo, bekende digter en vertaler, het ’n propvol boekeprogram saamgestel. Feesgangers kan daagliks gesprekke met skrywers in verskeie genres oor hul nuutste publikasies by die ATKV-Boeke-oase bywoon. Kom luister na die kreatiewe denkers en kom meer te wete van hul prosesse.

Hoogetpunte op dié program sluit in Rian – 16 dinge wat ek nie moes sê nie met die bekende radio- en televisieaanbieder, Rian van Heerden en Martelize Brink as gesprekleier. Die akteur, Hykie Berg, wat tans as Conrad Koster in Binnelanders te sien is, vertel ons meer van sy jongste boek in Hykie Berg – My storie van hoop. The President’s Keepers met skrywer Jacques Pauw en Ivor Price as gesprekleier.

Die boekgesprekke vind daagliks om 10:30 plaas in die Netwerk 24-Feeskafees en is gratis. Klik hier vir die volledige program.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?