KKNK-2018-web-header-1349x250-Castle-Lager-Dagverhoog

CASTLE LAGER-VERHOOG PROGRAM

Die Castle Lager-verhoog is bedags dié plek in die Kuierbuurt om by te wees, waar ou gunstelinge en nuwe talent jou daagliks vermaak.

Die musiekprogram hier skop om 12:00 af, met onder andere Joe Foster, Elizma Theron, Adam, Refentse, Ricus Nel, The Rockets en Nicholis Louw, terwyl jy ook nuwelinge Elandré, Franja du Plessis, Craig Lucas, Appel en Ruan Josh in lewende lywe kan ontmoet. Die program eindig om 18:00, waarna die vermaak op die Huisgenoot-verhoog om 19:30 begin.

Na dié konsert, word die program by die Castle Lager-verhoog tot laataand voortgesit. By die kroeg word heerlike koue lafenis teen die Oudtshoorn-hitte aangebied.

Toegang tot die vermaak by die Castle Lager-verhoog, asook die Huisgenoot-verhoog, is ingesluit by Kuierbuurt-kaartjies teen R255 vir die fees (slegs tot 28 Maart beskikbaar), of R85 per dag. Toegang vir kinders o/14 met ouerbegeleiding kos R10 per dag.

Die Castle-verhoog is in die nuwe Kuierbuurt wat op die Oudtshoorn Sportgronde (REC) en Vredestraat Sportterrein geleë is. Dié area is daagliks van 10:00 tot laataand oop.

Donderdag, 29 Maart

Tyd

Kunstenaar/groep

12:00 Sam & Calla
12:30 Percy & Rubber Johnny
13:00 Donkie Kar Boerorkes
13:30 Southern Lights Band
14:00 Faraway George
15:00 Samantha Leonard
14:30 Janine Fourie
16:00 Demi Lee Moore
16:30 House of Entertainment
17:00 The Rockets
21:30 Prism Shore

Vrydag, 30 Maart

12:00 Casper Ace
12:30 Sam & Calla
13:00 The Rockets
14:00 Percy & Rubber Johnny
14:30 Faraway George
15:00 Elizma Theron
16:00 Michael Lindt
16:30 Ons lieflinge
17:00 Demi Lee Moore
21:30 Prism Shore

Saterdag, 31 Maart

12:00 Donkie Kar Boerorkes
12:30 Casper Ace
13:30 John Rock Prophet
14:15 Ons lieflinge
15:00 Nicholis Louw
16:00 Faraway George
16:30 Demi Lee Moore
17:00 Adam
17:00 Touch of Class

Sondag, 1 April

12:00 Caroline Grace & Fatman
13:00 Refentse
14:00 Craig Lucas
14:45 Anders
21:30 Prism Shore

Maandag, 2 April

Tyd

Kunstenaar/groep

12:00 Leah
12:30 Bottomless Coffee Band
13:15 Appel
13:45 John Rock Prophet
14:30 Dani Villé
14:45 Ruan Josh
15:15 Joe Foster
15:45 Franja du Plessis
16:15 Elandre
17:00 Ricus Nel
21:30 Prism Shore

Dinsdag, 3 April

12:00 Liezel Pieters
12:30 Franja du Plessis
13:00 Joe Foster
13:30 Dani Villé
14:00 Elandre
14:30 Michael Lindt
15:00 Deon Groot
15:30 Sarel Fourie
17:00 Oudtshoorn Talent

Woensdag, 4 April

12:30 Deon Groot
13:00 Liezel Pieters
13:30 Janine Fourie
14:00 Michael Lindt
14:30 Dani Villé
15:00 Ruan Josh
16:00 Franja du Plessis
16:30 Janine Fourie
17:00 House of Entertainment
KKNK-2018-web-button-Castle-verhoog-Kuierbuurt-kaart
KKNK-2018-web-button-Castle-verhoog-program-PDF
KKNK-2018-web-button-Castle-verhoog-Interaktiewe-Program

KUNSTENAARS

Talentvolle nuwelinge en ou bekendes deel vanjaar die Castle Lager-verhoog. Besoekers kan hulle gereed maak vir ‘n verskeidenheid genres wat ieder en elk sal vermaak.

KKNK resizes-01

Adam

Die bekende driemangroep ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant. Al drie lede is uiters talentvol in eie reg en hulle smelt saam om ’n klank te bring wat vars is, jou verbeelding sal aangryp en jou laat dans.

Saterdag, 31 Maart | 17:00

Anders

Anders is ’n man en vrou duo wat al vir die afgelope 16 jaar saamsing en musiek skryf. Hulle nuutste album Bruid is nou beskikbaar en hulle toer tans met hul Country show, ’n Aand in Nashville. Anders deel van hul eie oorspronklike country liedjies, asook paar bekende treffers vir die hele gesin om te kom geniet. Van hul treffers “Knysna” en “Die Pad” na ou gunstelinge soos “Jolene” en “The Gambler”. Iets van alles COUNTRY! Kom beleef oud, nuut en oorspronklik, met hul ANDERS stempel. Kom luister hoe ons dit doen.

2 Ghoema toekennings, Beste album deur n groep, Groep van die jaa.

Sondag, 1 April | 12:00

KKNK resizes-26
KKNK resizes-24

Appel

Die veelsydige liedjieskrywer en sanger Appel se musiek is emosioneel met meesleurende ritmes en kan beskryf word as kontemporêre volwasse folk-pop. Boonop het hy al liedjies geskryf vir van Suid-Afrika se bekendste sangers.

Maandag, 2 April | 13:15

Bottomless Coffee Band

Die multi-instrumentele duo stel vandeesmaand hul nuwe album, Anthelia, vry. Hul nuwe musiek is ’n kombinasie van folk-pop, rock en ook ballades met ’n klassieke gevoel en daar is iets waarby almal aanklank sal vind.

Maandag, 2 April | 12:30

KKNK resizes-25
KKNK resizes-23

Casper Ace

Casper Ace en sy orkes bied ’n opwindende en uiteenlopende vertoning wat enige musiekliefhebber se tone sal laat krul van lekkerkry. Die musiek vra ernstige vrae, maar kry dit tog reg om die luisteraar te vermaak.

Vrydag, 30 Maart | 12:00
Saterdag, 31 Maart | 12:30

Dani Villé

Feesgangers kan uitsien na die suiwer, warm sangstem van Dani Villé, wat haarself met ’n kitaar begelei. Haar oorspronklike liedjies raak aan jou hart, terwyl haar sielvolle weergawe van ou treffers jou sal laat regop sit en luister.

Maandag, 2 April | 14:30
Dinsdag, 3 April | 13:30
Woensdag, 4 April | 14:30

KKNK resizes-21
KKNK resizes-19

Demi Lee Moore

Die bekroonde Idols-finalis Demi Lee Moore se sielvolle stem het reeds op skool harte verower en skitter vandag op radiogolwe en verhoë regoor die land. Sy word vergesel deur haar hele orkes.

Donderdag, 29 Maart | 16:00
Vrydag, 30 Maart | 17:00
Saterdag, 31 Maart | 16:30

Deon Groot

Deon Groot en sy driestuk-orkes bring Afrikaanse klanke vanuit die hartjie van Namakwaland met sy eie, unieke komposisies. Daar is ’n lied wat ieder en elk sal aangryp en laat dans.

Dinsdag, 3 April | 15:00
Dinsdag, 4 April | 12:30

KKNK resizes-08
KKNK resizes-28

Donkie Kar Boerorkes

Die Donkiekar Boereorkes kom van die Tuinroete en speel egte boeremusiek. Hulle speel geliefde liedere van ouds en het al pryse gewen vir hul unieke tradisionele aanslag.

Donderdag, 29 Maart | 13:00
Saterdag, 31 Maart | 12:00

Elandre

Elandré se bariton-stem is ewe gemaklik met pop, rock, country en meer alternatiewe klanke. Sy musiek het vrye gees – patrioties, selfondersoekend, poëties, romanties en verenig met die amperse sorgeloosheid van jeug.

Maandag, 2 April | 16:15
Maandag, 3 April | 14:00

KKNK resizes-18
KKNK resizes-07

Elizma Theron

Elizma Theron is een van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars en is bekend vir treffers soos “Lapaside” en “Makie Sakie”. Haar musiek is met die hart aanmekaargeweef en sal met ’n verskeidenheid musieksmake resoneer.

Vrydag, 30 Maart | 15:00

Faraway George

Faraway George sing liedjies van sy album, Vir ’n Vreemdeling, en sal ook ’n paar nuwes uitvoer by die Castle Lager-verhoog. Hy speel akoestiese kitaar met Fritz Gunter op die elektriese kitaar.

Donderdag, 29 Maart | 14:00
Vrydag, 30 Maart | 14:30
saterdag, 31 Maart | 16:00

Faraway George
KKNK resizes-16

Franja du Plessis

Franja du Plessis is die wenner van die 2017 Ghoema-toekenning vir Vroulike Kunstenaar van die Jaar en Beste Nuweling. Haar oorspronklike Afrikaanse komposisies sal jou hartsnare roer en jou wil laat dans.

Maandag, 2 April | 15:45
Dinsdag, 3 April | 12:30
Woensdag, 4 April | 16:00

House of Entertainment

Paul Amas & The House of Entertainment Band vermaak met ’n fees van suiwer musiek-plesier uit die hart; ’n belewenis van tuisgemaakte talent, so inheems aan die Klein Karoo soos volstruise en die Swartberge.

Donderdag, 29 Maart | 16:30
Woensdag, 4 April | 16:30

House of Entertainment
KKNK resizes-11

Janine Fourie

Janine Fourie was deel van die duet-groep Behind two Jays. Sy was ook die 2015-wenner van SABC 2 se Showville-Oudtshoorn en vermaak met haar unieke stem, asook ukulele en die trekklavier.

Donderdag, 29 Maart | 14:30
Woensdag, 4 April | 13:30
Woensdag, 4 April | 16:30

Joe Foster

Joe se eerlike lirieke getuig van lewenservaring en ’n behoefte om hierdie lewenslesse wat hy langs die pad leer, eerlik en opreg met sy aanhangers te deel. Hy is ’n voormalige lid van die groep Adam.

Maandag, 2 April | 15:15
Dinsdag, 3 April | 13:00

KKNK resizes-17
KKNK resizes-12

John Rock Prophet

Sanger en skrywer speel John Rock Prophet sy oorspronklike Afrikaanse musiek met ’n folk-rock ondertoon wat ingekleur word met sy passievolle lirieke. Sy eenmanvertoning is oorspronklik, dog nostalgies.

Saterdag, 31 Maart | 13:30
Maandag, 2 April | 13:45

Liezel Pieters

Liezel Pieters is ’n sangsensasie wat vir ’n geruime tyd reeds gehore verstom met haar vernuf en veelsydige repertoire. Haar optredes is alles en meer wat aanhangers verwag, en word ingekleur deur haar pragtige stem.

Dinsdag, 3 April | 12:00
Woensdag, 4 April | 13:00

KKNK resizes-06
KKNK resizes-13

Michael Lindt

Die liedjieskrywer se nuwe album, Nuwe Genade, is pas vrygestel en bevat ’n klomp oorspronklike komposisies. Hy het al liedjies vir bekende sangers geskryf en is betrokke by talle liefdadigheidsorganisasies.

Vrydag, 30 Maart | 16:00
Dinsdag, 3 April | 14:30
Woensdag, 4 April | 14:00

Nicholis Louw

Nicholis Louw is al ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika met bekende treffers soos “Rock daai lyfie”, “Net die een vir my”, “Ek wil my baby hê vanaand”, “Vergeet en vergewe”, “Generaal”, “Hier naby jou” en “Bring die storm”.

Saterdag, 31 Maart | 15:00

KKNK resizes-14
KKNK resizes-05

Ons lieflinge

Die samesmelting van ’n klokhelder mans- en vrouestem in duet hou ’n eiesoortige en magiese bekoring in – iets wat Lieflinge, Rudi Claase en Charné Hugo, uitstekend beklemtoon met vokale swier en styl.

Vrydag, 30 Maart | 16:30
Saterdag, 31 Maart | 14:15

Refentse

Refentse sing diep, roerend en pragtig oor die liefde en die heimwee van herinnering. Hy bring hulde aan ikone in Afrikaanse musiek, met ’n vars kinkel en melodieë wat gewilde liedjies saamsnoer, en ook liedjies uit sy eie pen.

Sondag, 1 April | 13:00

KKNK resizes-04
KKNK resizes-15

Ricus Nel

Ricus Nel se naam is sinoniem met musiek waarop jy gesellig kan verkeer, maar wat ook op al die regte maniere met jou hart gesels – iets waarvan een goue album-status op die volgende getuig.

Maandag, 2 April | 17:00

Ruan Josh

Ruan Josh se Afrikaanse en Engelse liedjies is ’n kombinasie van pop, country en kontemporêre musiek – sielstreffers wat jou hart raak en lekker dansliedjies wat jou op jou stoel sal laat staan.

Maandag, 2 April | 14:45
Woensdag, 4 April | 15:00

KKNK resizes-10
Rubber Johnny

Rubber Johnny and Percy

Hierdie is ’n jong, dinamiese en hoogs energieke duo wat werklik sorg vir vermaak en hoofsaaklik fokus op ’n Afrikaans kontemporêre musiekstyl. Hul unieke dansstyl sal gehore beslis laat kennis neem.

Donderdag, 29 Maart | 12:30
Vrydag, 30 Maart | 14:00

Sarel Fourie

Sarel Fourie is ’n karakter wat ontstaan het uit die rolprentvrystelling, ‘Fanie Fourie’s Lobola’ en word vertolk deur Chris Chameleon. Ná afloop van die rolprent is die karakter verder ontwikkel vir konsertoptredes deur Hunter Kennedy en Fred den Hartog.

Dinsdag, 3 April | 15:30

KKNK resizes-03
KKNK resizes-02

Southern Lights Band

Southern Lights is ’n rock/pop band van die Paarl en speel oorspronklike musiek wat aanklank vind by ’n wye gehoor. Die musiek spreek kwessies aan soos die lewe, hoop, geluk en hartseer.

Donderdag, 29 Maart | 13:30

The Rockets

The Rockets is ’n internasionaal-bekende Suid-Afrikaanse musiekgroep en het onlangs ’n konsert vir hul 50ste bestaansjaar uitgevoer. Konsertgangers sal beslis al hul bekende treffers geniet.

Donderdag, 29 Maart | 17:00
Vrydag, 30 Maart | 13:00

KKNK resizes-27

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?