Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

RIVIERBUURT

April 8 @ 9:00 am - April 15 @ 23:00 pm

rivierbuurt

Beleef vermaak vir die hele gesin in die Rivierbuurt. Kuns- en kosstalletjies is volop, in Liplekker kan heerlik deli-produkte en wyn geproe word en daar is genoeg kroeë en rusplek om van die Oudtshoorn-hitte te ontsnap. Die feesrestaurant by Hap-en-Tap bedien smulkos en die musiekaanbod bied iets vir elke smaak.

 

Musiekverhoë in die Rivierbuurt

Sien uit na ’n groter en beter musiekaanbod in die Rivierbuurt. Kies daagliks tussen 12:00 en 14:00 musiek by een van twee kuierverhoë, met alles van bands tot agtergrondmusiek. Om 16:00 skuif die musiek na die Huisgenoot-verhoog, waar van jou gunstelinge en opkomende sterre ’n draai maak, voordat die aandprogram om 18:30 afskop. Elke aandprogram bring verskeie groot name saam op een verhoog. Vir die gewone prys van jou week- of dagkaartjie sien jy ál hierdie musieksterre, terwyl jy die ander lekkernye op die feesterrein geniet. Die volledige musiekprogram is binnekort by www.kknk.co.za beskikbaar. Dié wat voor in die koor (of naaste aan die verhoog) wil wees, kan teen slegs R80 ’n bykomende golden circle-kaartjie vir die aandprogram koop en só ’n sitplek bespreek.

Afrikaans en Engels | Gesin

Weekkaartjie: R250 per persoon

Dagkaartjie: R50 Kinders  |  o/14 met ouerbegeleiding: R10 vir die fees

Golden circle: R80 per vertoning (sluit nie toegang tot Rivierbuurt in nie)

Klik hier om jou kuurtjie te koop

Details

Start:
April 8 @ 9:00 am
End:
April 15 @ 23:00 pm
Event Category:

Venue

Rivierbuurt
Oudtshoorn , South Africa + Google Map

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?