Loading Events

« All Events

O MY GOEIE VOLK

April 8 @ 17:00 pm - 18:15 pm

R100

Event Navigation

o-my-goeie-volk

DEBUUT Komedie

Met Esther von Waltsleben Regie: Marion Holm Teks en vervaardiger: Esther von Waltsleben Verhoogbestuurder: Jan-Hendrik Opperman

O my goeie volk is ’n solo-sketskomedie wat tong in die kies die spot dryf met ’n reeks kleurvolle Afrikaanse karakters. Daar is onder andere Ivonnie, die Jeunesse-konsultant van Mpumalanga wat in verkleinwoordjies praat; Michellé, die ma en bestuurder van die 14-jarige popster, Caché; en Marietjie, die giftige rusbankresensent wat haar mond onbeskaamd en onophoudelik op kykNET se Facebook-blad uitspoel. Die gehoor word vermaak deur uiteenlopende karakters wat twee goed in gemeen het: hulle is vroulik en hulle is Afrikaans. Die teks is skerp, snaaks en die karakterisering pynlik akkuraat. Von Waltsleben is bekend vir haar vernuftige karakterwerk op die verhoog en in TV-reekse soos Die Francois Toerien Show en Die Republiek van Zoid-Afrika. Holm, die regisseur, weet meer van solovertonings as enige ander vrou (of man).

Afrikaans | Geen o/14 | T V | R100 | 75 min. | Die Parlement

8 April 17:00 | 9 April 20:00 | 10 April 14:00 | 11 April 11:00

Klik hier om jou kuurtjie te koop

Details

Date:
April 8
Time:
17:00 pm - 18:15 pm
Cost:
R100
Event Category:

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?