Loading Events

« All Events

MONSIEUR IBRAHIM EN DIE BLOMME VAN DIE KORAN

April 8 @ 16:00 pm - 17:20 pm

R125
kknk-2017-beleef-dit-web-sliders-672x336-monsieur-ibrahim

DEBUUT Drama

’n Ko-produksie van Kunste Onbeperk en die Suidoosterfees. Moontlik gemaak deur NATi. Ondersteun deur die Franse Instituut in Suid-Afrika (IFAS).

Met Dawid Minnaar Regie en ontwerp: Philip Rademeyer Produksie- en verhoogbestuurder: Ameera Conrad Teks: Éric-Emmanuel Schmitt Vertaling: Naomi Morgan Oorspronklike titel: Monsieur Ibrahim et les Fleurs du Coran

Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran speel af in ’n Joodse kwartier in Parys in die 1960’s, waar ’n gekwelde Joodse seun Moses (of Momo), ’n onwaarskynlike vriend in ’n eensame Moslem-winkeleienaar, Monsieur Ibrahim, vind. Momo se skreeusnaakse, maar tog hartverskeurende, storie begin wanneer hy sy maagdelikheid in ’n bordeel op 11 verloor. Ibrahim is ’n toevlug vir Momo, gee hom raad en leer die vroegryp seun geleidelik dat daar meer in die lewe as prostitusie is en om kruideniersware te steel. Wanneer Momo se pa ­– ’n passiewe, aggressiewe prokureur wat sy seun verwaarloos – verdwyn en dood gevind word, neem Ibrahim die weeskind aan. Die twee besluit om ’n reis deur Europa na Monsieur Ibrahim se geboorteplek te onderneem, wat hulle by die belangrikste kruispad in hul lewens bring. Soos die snaakse en voortreflike verhaal ontvou, wys dit hoe die belangrikste lesse oor lewe en dood geleer word wanneer ons dit die minste verwag.

Afrikaans | OB | R125 | 80 min. | Gimsaal

8 April 16:00 | 9 April 19:30 | 10 April 09:00 | 11 April 16:00 | 12 April 12:30 | 13 April 09:00 | 14 April 12:30

Klik hier om jou kuurtjie te koop

Details

Date:
April 8
Time:
16:00 pm - 17:20 pm
Cost:
R125
Event Category:

Venue

Gimsaal
Oudtshoorn, South Africa + Google Map

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?