Loading Events

« All Events

MOND VERBY

April 8 @ 11:00 am - 11:50 am

R100
mondverby

DEBUUT Kabaret

Met Elisha Zeeman Regie en ontwerp: Stefan Benadé Teks en vervaardiger: Elisha Zeeman

Haat jy jou werk? Moenie jou bekommer nie. Jy is nie alleen nie. Bitter min mense doen waarvoor hulle werklik lief is. Meeste aardbewoners het verval in ’n eentonige ja-en-amen-roetine van huis toe, werk toe, paycheck, broke. Jy werk jouself poegaai net sodat jou baas sy kinders met ’n oorsese vakansie in Monaco kan bederf. Mond verby rebelleer met alle mag en krag teen “the man” wat alewig in ons nekke blaas. In hierdie satiriese sketskomedie deel ses uitspattige karakters hul ervarings oor die korporatiewe wêreld. Hulle berei ons voor op onsuksesvolle onderhoude, gee slegte raad oor CV-skutblaaie en wys ons hoe om iemand op ’n baie onetiese manier te fire. Mond verby sluit selfs ’n TED-talk oor die belangrikheid van lyfstraf in die werkplek in. ’n Eenvoudige, maar vlymskerp solovertoning soos jy nog nooit gesien het nie.

Afrikaans en Engels |  OB |R100 | 50 min. | Die Parlement

8 April 11:00 | 9 April 14:00 | 10 April 17:00 | 11 April 17:00

Klik hier om jou kuurtjie te koop

Details

Date:
April 8
Time:
11:00 am - 11:50 am
Cost:
R100
Event Category:

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?