Vertonings

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

LEPELTJIE VOL SNARE

March 28 @ 20:00 pm - 21:10 pm

R120
Lepeltjie-vol-snare Hannes-en-Frazer

DEBUUT Kontemporêre musiek

’n NATi / Feesteforum-produksie

Met Hannes Coetzee, Frazer Barry, Earl Witbooi, Loit Sols, Deniel Barry en Stefne van Dyk Regie: Amelda Brand Teks: Frazer Barry Choreograaf: Deniel Barry Produksiehuis: Oeps! Produksies Vervaardiger: Kunste Onbeperk  

Die kitaar- en snaarinstrumente het die toets van die eeue geslaag en vandag vind jy honderde verskillende snaarinstrumente regoor die wêreld. Die teelepeltjie is seker een van die algemeenste huishoudelike gereedskapstukke in die wêreld. Wat gebeur wanneer die snaarinstrument en die teelepel een word? Lepeltjie vol snare vier die oorsprong van die snaarinstrument in die Suid-Afrikaanse tradisionele folkmusiek – met die Boesman-boog, die banjo, die viool, die akoestiese kitaar en natuurlik die teelepel wat ’n sentrale plek inneem. Hannes Coetzee se besonderse styl van kitaarspeel met ’n teelepeltjie in sy mond word na ’n nuwe generasie oorgedra. Coetzee het die verbeelding van Suid-Afrikaners en die Amerikaners aangegryp met sy eiesoortige, unieke manier van kitaarspel. Met sy toer na Amerika het hy sy vaardighede ten toon gestel, met talle Amerikaanse kitaarspelers wat sy tegniek probeer het, maar sonder sukses. Frazer Barry het as kind ervaar hoe sy oupa en ooms op verskillende maniere die folkmusiek en tradisionele musiek lewend gehou het deur hul eie instrumente te maak en dan te speel. Hy is deur Hannes Coetzee touwys gemaak om die kitaar met die lepel te bespeel. Frazer het egter besluit om die lepel saam met die banjo te gebruik en om sodoende sy eie styl te ontwikkel.

Afrikaans • Gesin

R120 (R120 by die deur) | 70 min. | Die Windpomp Restaurant Teater

28 Maart 20:00; 29 Maart 10:00; 30 Maart 14:30

Klik hier om jou kaartjies te koop

Details

Date:
March 28
Time:
20:00 pm - 21:10 pm
Cost:
R120
Event Category:

Venue

Die Windpomp Restaurant Teater
+ Google Map

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?