Vertonings

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Equals & Averages

March 29 @ 9:00 am - 17:00 pm

Equals-&-Average-627x336

Kunstenaar: Nadja Daehnke Medium: Werk op papier

Tyd, geskiedenis en herinnering vorm die wese van Equals & Averages. Die werk weerspieël die meedoënlose verloop van tyd, maar nogtans is ons behep daarmee om dié verlede in ons herinneringe te herleef om ons identiteit daarop te bou. Terselfdertyd beskou ons onsself as onvolkome en smag na ’n mitiese toekomstige self. Die uitstalling fokus op wat was en wat sal wees, met die hede wat die heeltyd verskuif word. Die verlede en die toekoms is egter nie vasstaande nie. Dit word deurlopend herskep om oorheersende ideologieë en sosiale strukture te weerspieël. Equals & Averages is saamgestel uit broos oppervlakke. Die materiaal se verval dui op die spanning van die hedendaagste mens wat poog om die geskiedenis en geheue staties te hou, wat soek na bewyse van status en ’n onaanvegbare konteks. Daehnke het die werk geskep terwyl sy in Europa en Brittanje gewoon het – gedurende ’n tydperk wat gekenmerk is deur ’n oplewing in fascisme in die Noordelike Halfrond en ’n verwikkelde versplintering van die drogrede dat die Weste die beste is.

Gratis | 480 min. | Prince Vintcent-gebou

Details

Date:
March 29
Time:
9:00 am - 17:00 pm
Event Category:

Venue

Prince Vintcent-gebou
Oudtshoorn, Western Cape South Africa + Google Map

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?