Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

BUITE LAND

April 8 @ 19:30 pm - 21:00 pm

R130
Buite Land 2

DEBUUT Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie in samewerking met die National Arts Festival

Met Elize Cawood, Jacques Bessenger, Kopano Maroga, Ntombi Gasa, Mpume Mthombeni en Marvin-Lee Beukes Regie, teks en ontwerp: Neil Coppen Vertaling: Amy Jephta Oorspronklike titel: NewFoundLand Stelontwerp: Neil Coppen en Vaughn Sadie Kostuumontwerp: Jemma Kahn Klankontwerp: Tristan Holsten  Beligtingsontwerp: Tina le Roux Produksie- en verhoogbestuurder: Sone Theron Vervaardiger: Kunste Onbeperk Foto krediet: Robert A. Hamblin

Buite Land is die nuutste drama deur die multibekroonde teatermaker en skrywer Neil Coppen. Die teks is oorspronklik ontwikkel in vennootskap met die Markteaterstigting en die Royal Court in Londen. Dit fokus op die verstrengelde lewens en drome van twee Suid-Afrikaanse mans. Jacques is ’n Afrikaanse narkotiseur en werk in ’n gemeenskapshospitaal in Pietermaritzburg. Sizwe is ’n Zoeloe-sprekende choreograaf en student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, wat ’n roeping (ukuthwasa) om ’n sangoma te word van sy voorvaders ontvang. Albei mans het in konserwatiewe gemeenskappe grootgeword en probeer om ’n bestaan te maak, weg van die kulturele, historiese en geloofsbande wat hulle tot hul verlede bind. Jacques en Sizwe ontmoet vir vlugtige seks, maar wat as ’n vlietende ontmoeting beplan is, verander in ’n diepsinnige reis na ’n gedeelde bewustheid en ’n verkenning van onsigbare bande wat tussen godsdiens en wetenskap, medisyne en geloof en onthou en vergeet bestaan. Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 13 April 16:15.

Afrikaans, Zoeloe en Engels | Geen o/16 T S G V | R130 | 90 min. | Johnny Bisschoff-saal

8 April 19:30 | 9 April 09:30 | 10 April 14:30 | 11 April 19:30 | 13 April 14:30 | 14 April 09:30 | 15 April 09:30

Klik hier om jou kaartjie te koop

Details

Date:
April 8
Time:
19:30 pm - 21:00 pm
Cost:
R130
Event Category:

Venue

Johnny Bisschoff-saal
Oudtshoorn, South Africa + Google Map

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?