Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

ASEM

April 8 @ 19:00 pm - 21:00 pm

R140
asem-672x336

DEBUUT Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie

Met Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson Teks: Reza de Wet Oorspronklike werk: Breathing In Beligtingsontwerp, produksie- en verhoogbestuurder: Chris Pienaar Assistentverhoogbestuurder: Rynhardt van Blerk  Vervaardiger: Kunste Onbeperk

Een donker, stormagtige aand gedurende die laaste bitter dae van die Suid-Afrikaanse oorlog, in ’n uitgebrande skuur van ’n plaas lê ’n gewonde Boeregeneraal wat versorg word deur Anna, ’n kruiedokter van uitsonderlike magte. Haar aantreklike, maar bloedlose dogter, Annie, is ook besig om te veg vir haar lewe, maar het veel meer nodig as haar ma se konkoksies. Die generaal se dapper en getroue adjudant, gebrei deur die slagveld en die afgryse van oorlog, staan nou voor ’n verskriklike keuse en ’n nuwe onnoembare gevaar.

In ’n wêreld waar mans, in die naam van patriotisme lewens en landskappe vernietig, moet vroue meer subtiele en misterieuse metodes ontwikkel om te oorleef. De Wet verweef digterlik en kragtig ’n verhaal van liefde in ’n tyd van vernietiging, wat die alledaagse omskep in die uitsonderlike. Reza de Wet is vyf jaar gelede op 27 Januarie 2012 oorlede. Hierdie is ’n huldigingsproduksie aan een van Suid-Afrika se belangrikste en mees invloedryke toneelskrywers. Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 12 April 12:15.

Afrikaans | Geen 0/16 | G S N | R140 | 120 min. | SANW-ouditorium

8 April 19:00 | 9 April 10:00 | 10 April 14:30 | 11 April 19:30 | 12 April 10:00 | 14 April 14:30 | 15 April 14:30

Klik hier om kaartjies te koop.

Details

Date:
April 8
Time:
19:00 pm - 21:00 pm
Cost:
R140
Event Category:

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?