Loading Events

« All Events

AMPER FAMOUS

April 8 @ 12:30 pm - 13:30 pm

R60
amper-famous

DEBUUT Musiekteater

’n Kunste Onbeperk-produksie. Ondersteun deur NATi.

Met o.a. V.I.T.O. Regie en vervaardiger: David Kramer Teks: Vito Heyn Musiek: Vito Heyn en David Kramer

Amper famous vertel die storie van ’n jong man van Okiep wat besluit om in sy moedertaal, Namakwa-Afrikaans, te skryf en rap. Hy word deur sy vriende gespot. Hulle weier om hom ernstig op te neem omdat hy nie lyk of klink soos die Amerikaanse hip-hoppers op YouTube nie. V.I.T.O. bly by sy oupa, wat wil hê hy moet ’n werk kry, maar die kopermyne het toegemaak en werksgeleenthede is skaars. Almal raai hom af om ’n kletsrymer te word. Dit is V.I.T.O. se droom dat sy musiek eendag, wanneer hy ’n suksesvolle hip-hop-ster is, erken word en op radio gespeel en nasionale televisie gesien word. Amper famous is die eerste Afrikaanse hip-hop-musiekblyspel wat op die verhoog gesien word. Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 9 April 17:15.

Afrikaans | Gesin

R60 | 60 min. | Gimsaal

8 April 12:30 | 9 April 16:00 | 10 April 19:30 | 11 April 12:30 | 13 April 12:30 | 14 April 19:30 | 15 April 09:00

Klik hier om jou kuurtjie te koop

Details

Date:
April 8
Time:
12:30 pm - 13:30 pm
Cost:
R60
Event Category:

Venue

Gimsaal
Oudtshoorn, South Africa + Google Map

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?