Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Aan tafel met Evita Bezuidenhoudt

April 10 @ 18:30 pm - 20:30 pm

KKNK-2017-Beleef-Dit-web-sliders-672x336-KKE-Spesiale-Eetervarings-Evita

Evita Bezuidenhout is met ’n staatsbesoek op Oudtshoorn. Sy onthaal gaste met van haar gesogte disse en unieke gasvryheid en gesels oor dinge wat haar na aan die hart lê. Evita vertel oor die spyskaart: “Vir voorgereg, ’n uie en tapenade tertjie, spesiaal uit die Karoo naby Calitzdorp op my vriendin Hannetjie se plaas. Die perfekte begin vir enige droom-maaltyd (geliefkoosde keuse van President Robert Mugabe en die Koningin van Holland). Vir hoofgereg word ’n volstruisfillet bedien, want wie kan hier sit om die draai van die Kango Grotte en nie smul aan die unieke smaak van die lekkerste deel van die grootste voël in Afrika nie? Hulle sê die vere maak die voël? Proe weer! (geliefkoosde keuse van dr. Henry Kissinger en Boris Johnson). En vir nagereg, my Pruimtert, ook uit die boorde van die Klein Karoo, ’n tert met hart! (geliefkoosde keuse van Prinses Anne en Angelina Jolie).” Die ete word aangebied ten bate van die Darling Trust. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.

R285 | 120 min. | Signature Divine

10 April | 18:30

Klik hier om kaartjies te koop

Details

Date:
April 10
Time:
18:30 pm - 20:30 pm
Event Category:

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?