Computicket

Computicket-1349-x-400-14.3.1

#AllePaaie lei in 2016 na Oudtshoorn vir die 22ste KKNK. Om seker te maak jy mis nie uit op die beste drama-, komedie- en musiekproduksies wat die Klein Karoo het om te bied nie, bespreek nou jou kaartjies via Computicket aanlyn of by enige Shoprite / Checkers en House & Home. Kyk veral uit vir hierdie treffer-vertonings:

KKNK-2016-web-images-1042x833-01

Die Huis van Bernarda Alba

Na die dood van haar tweede man, lê Bernarda Alba, die stoere matriarg, ’n vonnis van rou op. Vir twee jaar sal haar dogters agter slot en grendel leef. In dié versmorende hitte broei ’n rebellie uit. In die naam van die Vader, die liefde en die leemte. Die bekroonde regisseur Christiaan Olwagen (Die Seemeeu en Wie’s bang vir Virginia Woolf) verwerk ’n kontemporêre weergawe van die klassieke Spaanse drama vir die KKNK.

Afrikaans | Geen o/14 S T | R130 | 110 min | SANW-ouditorium | 24 Maart 14:30 | 25 Maart 19:30 | 26 Maart 14:30 | 27 Maart 19:30 | 28 Maart 14:30 | 29 Maart 19:30 | 30 Maart 14:30

Kul

Dis ’n stormagtige aand op die platteland by ’n inrigting vir geestesversteurdes en gewelddadige moordenaars. ’n Skrywer daag op om ’n onderhoud te voer met ’n reeksmoordenaar. Die dokter is kortaf, die verpleegster op haar senuwees, en daar’s ’n vreemde reuk in die lug. ’n Sielkundige riller, nie vir sensitiewe kykers nie.

Afrikaans | Geen o/12 G | R120 | 80 min | Gimsaal | 24 Maart 17:00 | 25 Maart 13:00 | 26 Maart 17:00 | 27 Maart 17:00 | 28 Maart 20:00 | 29 Maart 17:00 | 30 Maart 17:00

KKNK-2016-web-images-1042x833-02
KKNK-2016-web-images-1042x833-03

Nouliks of niks: Kort stukke deur Samuel Beckett

Agt kort stukke. Vyf regisseurs. Vier akteurs. ’n Samestelling en vertaling uit Samuel Beckett (Waiting for Godot) se korter werk, deur die ontvanger van die Afrikaans Onbeperk-prys vir Vernuwende Denke, Willem Anker. Die kort toneelstukke is minimalistiese teater met narrespel en is gevul met humor, nostalgie en eenvoud. Samuel Beckett is een van die mees invloedryke skrywers van die twintigste eeu. Feesgangers kry vir die eerste maal die geleentheid om die formidabele skrywer se werk in Afrikaans te ervaar.

Afrikaans | Gesin | R120 | 110 min | Johnny Bisschoff-saal | 24 Maart 09:00 | 25 Maart 20:00 | 26 Maart 09:00 | 27 Maart 14:00 | 28 Maart 20:00 | 29 Maart 09:00 | 30 Maart 16:00

Nagwandelaars

Kom na die dorp se spookhuis en deel in ’n moderne aanbieding van CJ Langenhoven se spookstories. Die bekende ou Karoo-gruverhale soos om kampvure vertel, is die vertrekpunt vir ’n reis met storievertel, teater en kulkunsies. Die lyne tussen realiteit en verbeelding vervaag en wie weet, die geeste van die spookhuis ontwaak dalk net. Watter geeste? Kom vind uit.

Afrikaans | Geen o/14 S T | R100 | 70 min | Die Spookhuis | 25 Maart 19:00

KKNK-2016-web-images-1042x833-04
KKNK-2016-web-images-1042x833-05

Pa

André is 65 jaar oud. Anna, sy dogter, is ’n goeie dogter wat sorg dat haar pa alles het wat hy nodig het. Maar André se horlosie is (weer) weg en hy wéét dat Lara, sy versorger, dit gesteel het. André wonder ook oor Pierre, Anna se nuwe liefde, die man lyk vir hom arrogant en gevaarlik. En hy herken nie die stoel wat nou in sy sitkamer staan nie. En wie is die weird vrou wat soms maak asof sy Anna is? En waar is Elize, sy jonger dogter – daai een vir wie hy eintlik lief is? Een vir een gaan die liggies in André se kop af. Florian Zeller se snaakse, roerende wêreldtreffer is ’n studie van geheue, van familie en van herinneringe, en kry met ’n wêreldklas rolverdeling lewe in Afrikaans.

Afrikaans | Gesin | R130 | 100 min | SANW-ouditorium | 24 Maart 09:00 | 25 Maart 14:30 | 26 Maart 09:00 | 27 Maart 14:30 | 28 Maart 19:30 | 29 Maart 09:00 | 30 Maart 19:30

Sizwe Banzi is Dead

Intensely funny and poignant South African classic, exploring freedom and identity. This drama explores the universal struggle for human dignity, a black man in apartheid-era South Africa tries to overcome oppressive work regulations to support his family. Co-creator John Kani performed in the original production and won the 1975 Tony Award for Best Actor.

English | No u/16 L | R120 | 90 min | Johnny Bisschoff-saal | 24 March 14:00 | 25 March 14:00 | 26 March 14:00

KKNK-2016-web-images-1042x833-06
KKNK-2016-web-images-1042x833-07

Boontoe! (Engelstemme vir Paassondag)

Met die beste stemme in die land, ’n 74-stuk koor, ’n orkes, en ’n visuele fees van beligting en video, gaan ons die Musiekplaas omskep in ’n arena waar die liedjies net in een rigting gaan, Boontoe! Die gospel-musiek wissel van Jeugsangbundel (met ’n twist)-gunstelinge tot negro spiritual en klassieke gunstelinge. Boontoe! word spesiaal geskep vir die KKNK en hierdie eenmalige konsert gaan jou roer, ’n traan laat pik en laat saamdans.

Afrikaans en Engels | Gesin | R150 R120 R80 | 90 min | Musiekplaas | 27 Maart 19:00

Die Afrikaansvatter

Wat kry jy as jy skerpskerts, graffiti, musiek, rymklets, ’n tatoeëerder, animasie en meer op ’n verhoog saamgooi? En boonop in Afrikaans. Die definitiewe indruk dat die taal leef. Kom hoor, sien, proe, voel en ervaar die taal soos nooit vantevore, terwyl jy op reis gaan met HemelBesem en sy (woorde)skatkis deur nuwe woorde, gesegdes en frases in Afrikaans wat jou soms sal laat skaterlag en ander kere diep laat dink. Hierdie is ’n spesiale vertoning wat cameos insluit van bekende Afrikaanse stemme soos Coenie de Villiers.

Afrikaans | Gesin | R120 | 90 min | Absa Burgersentrum | 24 Maart 14:00 | 25 Maart 17:30

KKNK-2016-web-images-1042x833-09
KKNK-2016-web-images-1042x833-10

Heidi

’n Musikale weergawe van Heidi, die storie van die gelyknamige boek deur Johanna Spyri, van die weeskind wat by haar Oupa in die Alpe gaan bly. Kom beleef haar avonture as sy saam met bokwagter Peter en Snoekie die bokkie oor berge huppel. Volg haar spoor na Frankfurt waar sy en vriendin Klara onder Juffrou Rottenmeier deurloop.

Afrikaans | Gesin | R120 R80 | 80 min | Absa Burgersentrum | 24 Maart 09:00 | 25 Maart 09:00 | 26 Maart 09:00 | 27 Maart 09:00 | 28 Maart 09:00 | 29 Maart 09:00 | 30 Maart 09:00

Huisgenoot 100

Huisgenoot vier 100-jaar met `n trefferkonsert. Onvergeetlike optredes deur die room van Afrikaanse sangers. `n Hoogtepunt op jou feeskalender.

Afrikaans | Gesin | R150 (golden circle; R110 kinders) R135 (onbespreek-grasperk; R100 kinders), R120 (onbespreek-pawiljoen; R95 kinders) R360 (gesinspakket vir 2 volwassenes + 2 kinders, slegs onbespreek) | 130 min | Musiekplaas | 26 Maart 19:00

KKNK-2016-web-images-1042x833-11

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?