COLLEN MASWANGANYI – KUNSTE ONBEPERK VEREERDE

KKNK-2018-web-images-Vereerdes-1000x500-Collen

Kunste Onbeperk – Nuwe Stem

Collen Maswanganyi volg in die voetspore van sy pa – ook ’n kunstenaar en die KKNK se feeskunstenaar in 2018, Johannes Maswanganyi. Hy werk met hout, en verf meeste van sy beeldhouwerk. Sy werk sluit soms lewensgroot beelde in en word gekenmerk deur ’n kombinasie van Afrika-tradisies, waarin hy grootgeword het, asook die moderne lewe waarin hy leef. Elke beeld vertel ’n storie en sekere van sy werk word deur politiek gemotiveer, terwyl ander beelde alledaagse sosiale gebeure uitbeeld. Hy het sy diploma in visuele kuns in 1999 verwerf en is sedertdien ’n voltydse beeldhouer. Hy woon en werk tans in Johannesburg en het verskeie suksesvolle uitstallings in Suid-Afrika en ander wêrelddele gehad. Sy werk is ook ingesluit in bekende korporatiewe en privaat kunsversamelings. Maswanganyi word vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir ’n Nuwe Stem.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?