Castle Lager

Kuns en kultuur, vriendskap en bier! Hier by Castle Lager beskou ons onsself as die trotse borg van die Suid Afrikaanse “gees”. Dit is te siene in ons verbintenis met die drie nasionale sportspanne, maar ook in ons volhoubare ondersteuning van kuns en kultuur. Dit is vir ons ’n voorreg om deel te wees van die KKNK, Suid Afrika se grootste Afrikaanse kunstefees.

 

Ons glo dat Castle Lager ’n uiters belangrike rol speel in die maatskaplike samehorigheid van Suid-Afrika. Ons doel is om Suid-Afrikaners nader aan mekaar te bring.  Want wanneer jy ’n bier saam met iemand geniet wat anders as jy is, word jy verryk en dit verbreed jou wêreldbeskouing. ’n Noodsaaklike deel van kreatiwiteit is juis dat die kunstenaar uiteenlopende onderwerpe en idees saamvoeg om die toeskouer ’n vars en progressiewe perspektief te gee, sowel as ’n gevoel van om te behoort. Dit is wat kuns en bier in gemeen het, albei wil dit wat verdeeld is, weer bymekaarbring.

 

Vanjaar sal feesgangers die eerste keer ons nuwe alkoholvrye bier, Castle Free, op die proef kan stel.  Castle Free het die smaak van bier, sonder die invloed van alkohol. Ons beywer ons daarvoor om ’n kultuur van matigheid aan te moedig en wil ’n beroep op feesgangers doen om ons produkte verantwoordelik te gebruik.

 

Laat die feestelike verrigtinge afskop met geesdrif en ’n paar koue biere!

 

Vaughan Croeser

Castle Lager: Handelsmerkdirekteur

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?