Bylaag: KKNK 2017

Op 7 April berig die Mossel Bay Advertiser oor die KKNK se Rivierbuurt. ’n Spesiale feesbylae maak ook deel uit van die dagblad se dekking van die fees.

SUID-KAAP NUUS – Die 23ste KKNK vind vanjaar van 8 tot 15 April vir die 23ste keer op Oudtshoorn plaas. Die datums val binne die nasionale skoolvakansie en die fees eindig oor Paasnaweek.

Die KKNK se opelug musiekervarings keer vir die eerste keer sedert 2012 terug na die Rivierbuurt en bied meer waarde as ooit tevore. ’n Ongelooflike atmosfeer word in die Rivierbuurt geskep met stalletjies, smulkos, wyn- en deli-proeë, kindervermaak, rusareas, musiek by twee verhoë vanaf 12:00 én in 2017 ook aandvertonings op die Huisgenoot-verhoog.

’n Feeskaartjie kos R250 (vir 8 dae se vermaak) en dagkaartjies kos R50 per dag. Golden circle-kaartjies is vir uitgesoekte aande beskikbaar vir diegene wat voor in die gehoor wil wees, maar hierdie kaartjies bied nie toegang tot die Rivierbuurt nie.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?