Brett Goldin met ‘Swan Song’ gedenk

Die akteur Brett Goldin is op 16 April 2006 vermoor. Vanjaar word ’n spesiale geleentheid ter nagedagtenis aan hom by die KKNK opgevoer. Op 8 April plaas Netwerk24 ‘n artikel oor Swan Song, wat tydens die fees aangebied word ter herinnering aan Goldin.

Ná Goldin se dood is ’n beurs in sy naam gestig om aan jong akteurs die kans te bied om ’n maand lank by die Royal Shakespeare Company (RSC) deur te bring. Ngaba was een van die twee akteurs wat verlede jaar die kans gekry het om daarheen te gaan. Dit was die tiende en finale jaar wat die beurse toegeken is.

Volgens ’n mediaverklaring het sy tydens haar tydperk by die RSC aan die stuk begin werk. Volgens Ngaba het sy baie gedink aan Goldin se dood en dat dit eintlik vir haar die kans gebied het om die RSC te kon besoek en die beste geleentheid van haar lewe te kon beleef en hoe baie dit vir haar beteken het.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?