BEURTKRAG

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-beurtkrag

Drama

Met Ivan Botha en Donnalee Roberts Vervaardiger: Artist Warehouse CC Stel en beligtingsontwerp: Juanita Ferreira Kostuums: Anel du Toit (Hollywood Costumes)

Wanneer Jasper en Fransie vir die eerste keer saam intrek, tref beurtkrag hulle. Wat veronderstel was om die perfekte onthou-dag te wees ontaard in ’n aand waarin hulle verhouding se rou bagasie oopgekrap en uitgepak word. Hulle word gedwing om na die donkerste plek van hulle verlede te gaan. Die oënskynlike perfekte verhouding word skielik onder ’n vergrootglas geplaas en vat vlam. Is die vuurtjie knus en koesterend of uiteindelik die verhouding se verwoesting? Wat gebeur wanneer die deur na die buitewêreld toegemaak word en ons vir ’n oomblik mekaar opreg en ten volle moet beleef? Het die een wat die minste omgee dalk die meeste mag? Beurtkrag is ’n verhoudingsdrama wat al die breekbare bagasie van verhoudings aan die lig bring en fokus op die kwesbaarheid tussen geliefdes.

Afrikaans • Geen o/12 | T | R120 | 60 min. | Hoërskoolsaal

9 April 19:30 | 10 April 09:00  | 11 April 19:30 | 12 April 17:00 | 13 April 13:00 |14 April 09:00 |15 April 19:30

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?