Beleef opelug musiekaande op die Huigenoot-verhoog by KKNK 2017

Die artikel wat op 6 Maart verskyn op Afrikaanse Musiek Nuus, gee vir lesers ’n oorsig van wat hulle kan verwag by die KKNK 2017 Huisgenoot verhoog.

 

KKNK-feesgangers sal verheug wees om te hoor dat opelug musiekaande terugkeer na die Rivierbuurt. Dié fees vind plaas vanaf 8 tot 15 April op Oudtshoorn.

’n Weekkaartjie bied jou toegang tot die Rivierbuurt, ’n heerlike kuierplek vir jou hele familie. Kuns- en kosstalletjies is volop, proe heerlike wyne en deli-happies in Liplekker en ontsnap van die Oudtshoorn-hitte by ’n kroeg of rusarea.

Smulkos word bedien by die feesrestaurant in Hap-en-Tap. Jou kaartjie bied ook toegang tot die opelug aandvertonings op Die Huisgenoot-verhoog, wat vir die eerste keer sedert 2012 in die Rivierbuurt te sien is.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?