Beleef23-promosie

KKNK-2017-web-Beleef23-promo-header

Spaar met die KKNK se 23ste verjaarsdag!

Ons vier op Donderdag, 23 Februarie die KKNK se 23ste verjaarsdag met die #Beleef23-promosie. Deel in dié viering en kry jou golden circle-kaartjies vir die Huisgenoot-verhoog se aandprogram teen 50% afslag. Kaartjies vir verskeie teaterproduksies is ook deel van dié promosie, lees meer hieronder.

JUANITA, BOK EN VRIENDE

Met Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Refentse, Jo Black, The Black Ties en Elandré Schwartz Musiekregie: Jaconell Mouton
Juanita du Plessis is vir die eerste keer in sewe jaar terug by die KKNK. Saam met Bok van Blerk wat in 2016 sy tiende jaar in die musiekbedryf gevier het, The Black Ties en nuwelinge, Jo Black, Elandré Schwartz en dubbelplatinumverkoper,
Refentse sorg hulle vir ’n heerlike kuieraand onder die Klein Karoo-sterre.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden circle-kaartjies sluit nie toegang tot die Rivierbuurt in nie | 180 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
8 April | 17:30

WAS: R80

PROMOSIEPRYS: R40

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Juanita-ens
KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Theuns

THEUNS JORDAAN EN DR. VICTOR

Met Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels
Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels, wat onlangs hul nuwe enkelsnit vrygestel het, is terug by die KKNK. Dié kunstenaars, wat saam by Afrikaans is Groot in 2012 opgetree het, sorg vir ’n onvergeetlike aand.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden circle-kaartjies sluit nie toegang tot die Rivierbuurt in nie | 120 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
9 April | 18:30

WAS: R80

PROMOSIEPRYS: R40

KYKNET JUKEBOX

Met Pieter Koen, BlackByrd, Refentse, Jay, Leah en Willem Botha Musiekregie: Jaconell Mouton
Die gewilde kykNET-program, Jukebox, kom na die KKNK. Beleef ’n aand vol heerlike musiek deur jou gasheer, Pieter Koen, wat onlangs sy nuwe album vrygestel het. Die groep BlackByrd, Refentse, Jay, die borrelende Leah en Willem Botha sluit by hom aan.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden circle-kaartjies sluit nie toegang tot die Rivierbuurt in nie | 120 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
14 April | 18:30

WAS: R80

PROMOSIEPRYS: R40

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-kykNET-Jukebox
KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Kleurvol

KLEURVOL

Met ’n keur van vars nuwe talent Mentors Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch Regie Nico Scheepers Musiekregie Jaconell Mouton
Vars nuwe talent kry die geleentheid om onder mentorskap van Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch hul talente ten toon te stel in dié afsluitingskonsert vir KKNK23. Die bekende regisseur en Fiësta-wenner,
Nico Scheepers, behartig die aand se regie. ’n Aand van musiek gestroop van alle ego’s.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden circle-kaartjies sluit nie toegang tot die Rivierbuurt in nie | 90 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
15 April | 18:30

WAS: R80

PROMOSIEPRYS: R40

Kry ook jou #Beleef23-kaartjies vir dié teaterproduksies:

KKNK-2017-web-Beleef23-Toneel-Asem

ASEM

DEBUUT Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie

Met Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson Teks: Reza de Wet Oorspronklike werk: Breathing In Beligtingsontwerp, produksie- en verhoogbestuurder: Chris Pienaar Assistentverhoogbestuurder: Rynhardt van Blerk Vervaardiger: Kunste Onbeperk

Een donker, stormagtige aand gedurende die laaste bitter dae van die Suid-Afrikaanse oorlog, in ’n uitgebrande skuur van ’n plaas lê ’n gewonde Boeregeneraal wat versorg word deur Anna, ’n kruiedokter van uitsonderlike magte. Haar aantreklike, maar bloedlose dogter, Annie, is ook besig om te veg vir haar lewe, maar het veel meer nodig as haar ma se konkoksies. Die generaal se dapper en getroue adjudant, gebrei deur die slagveld en die afgryse van oorlog, staan nou voor ’n verskriklike keuse en ’n nuwe onnoembare gevaar.

In ’n wêreld waar mans, in die naam van patriotisme lewens en landskappe vernietig, moet vroue meer subtiele en misterieuse metodes ontwikkel om te oorleef. De Wet verweef digterlik en kragtig ’n verhaal van liefde in ’n tyd van vernietiging, wat die alledaagse omskep in die uitsonderlike. Reza de Wet is vyf jaar gelede op 27 Januarie 2012 oorlede. Hierdie is ’n huldigingsproduksie aan een van Suid-Afrika se belangrikste en mees invloedryke toneelskrywers. Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 12 April 12:15.

Afrikaans | Geen o/14 | G S N | 120 min. | SANW-ouditorium

8 April 19:00 | 9 April 10:00 | 10 April 14:30 | 11 April 19:30 | 12 April 10:00 | 14 April 14:30 | 15 April 14:30

WAS: R140

PROMOSIEPRYS: R105

KKNK-2017-web-Beleef23-Toneel-Buite-Land

BUITE LAND

DEBUUT Drama
’n NATi / Feesteforum-produksie in samewerking met die National Arts Festival

Met Elize Cawood, Jacques Bessenger, Kopano Maroga, Ntombi Gasa, Mpume Mthombeni en Marvin-Lee Beukes Regie, teks en ontwerp: Neil Coppen Vertaling: Amy Jephta Oorspronklike titel: NewFoundLand Stelontwerp: Neil Coppen en Vaughn Sadie Kostuumontwerp: Jemma Kahn Klankontwerp: Tristan Horton  Beligtingsontwerp: Tina le Roux Produksie- en verhoogbestuurder: Sone Theron Vervaardiger: Kunste Onbeperk

Buite Land is die nuutste drama deur die multibekroonde teatermaker en skrywer Neil Coppen. Die teks is oorspronklik ontwikkel in vennootskap met die Markteaterstigting en die Royal Court in Londen. Dit fokus op die verstrengelde lewens en drome van twee Suid-Afrikaanse mans. Jacques is ’n Afrikaanse narkotiseur en werk in ’n gemeenskapshospitaal in Pietermaritzburg. Sizwe is ’n Zoeloe-sprekende choreograaf en student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, wat ’n roeping (ukuthwasa) om ’n sangoma te word van sy voorvaders ontvang. Albei mans het in konserwatiewe gemeenskappe grootgeword en probeer om ’n bestaan te maak, weg van die kulturele, historiese en geloofsbande wat hulle tot hul verlede bind. Jacques en Sizwe ontmoet vir vlugtige seks, maar wat as ’n vlietende ontmoeting beplan is, verander in ’n diepsinnige reis na ’n gedeelde bewustheid en ’n verkenning van onsigbare bande wat tussen godsdiens en wetenskap, medisyne en geloof en onthou en vergeet bestaan. Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 13 April 16:15.

Afrikaans, Zoeloe en Engels | Geen o/16 | T S G V  | 90 min. | Johnny Bisschoff-saal

8 April 19:30 | 9 April 09:30 | 10 April 14:30 | 11 April 19:30 | 13 April 14:30 | 14 April 09:30 | 15 April 09:30

WAS: R130

PROMOSIEPRYS: R90

KKNK-2017-web-Beleef23-Toneel-In-Wag-Van

IN WAG VAN

Drama

Met Gantane Kusch, Courtney Smith, Gershwin Mias en Vathiswa Nodlayiya Teks, regie en ontwerp: Jason Jacobs Beligtingsontwerp: Bamanye Yeko Produksiehuis: KleiSand Teater in samewerking met Theatre Arts Admin Collective

’n Vrou se seun sterf op onverklaarbare wyse en sy word vervreem van die res van die dorpenaars. Sy rou oor haar seun en omdat sy haar vertroue in haar gemeenskap verloor het. Hulle glo dat die maan elke keer ’n kind moet insluk om vol te word. Toegewyde geloof kom trompop te staan teen die vrees vir die dood. Jason Jacobs het ’n Theatre Arts Admin Collective-beurs vir regie met dié stuk gewen. Gratis gesprek met Jason Jacobs en geselskap ná vertoning: 10 April 15:00.

Afrikaans | Geen o/13 | OB  | 50 min. | Laerskool Wesbanksaal

8 April 11:30 | 9 April 14:00 | 10 April 14:00 | 13 April 09:00 | 14 April 09:00 | 15 April 11:30  

WAS: R100

PROMOSIEPRYS: R70

KKNK-2017-web-Beleef23-Toneel-Karoo-Moose

KAROO MOOSE

Drama

Originally developed with support from Absa and Aardklop

With Zoleka Helesi, Mdu Kweyama, Bongile Mantsai, Thami Mbongo, Mfundo Tshazibane and Chuma Sopotela Text and director: Lara Foot Choreography: Mdu Kweyama Music: Bongile Mantsai Producer: Baxter Theatre

Since its world premiere in 2007, Lara Foot’s Karoo Moose at last finds its way to the Klein Karoo, having scooped 15 major South African theatre awards and having received high praise fom the local press and some of England’s most revered and feared theatre critics, when it was performed at the Tricycle in London. Performed in English with Xhosa, the story takes place in a remote and impoverished village in the Karoo, where the inhabitants are struggling to survive. A young girl called Thozama ends up killing a moose. But what is the moose doing there and how did it get there? In her play Foot tackles the disintegration of the family unit and the violation of innocence endured by so many South African children. The play cleverly and creatively combines African storytelling and magical realism. “The themes of the story for me were bound up in the idea that the children in the village needed some kind of magical event to free them from abuse, neglect and poverty. Something magical was needed to break the cycle of violence.” – Lara Foot

English and Xhosa | No u/13 | 80 min | Johnny Bisschoff-saal

8 April 14:30 | 9 April 19:30| 10 April 10:00| 11 April 14:30

WAS: R130

PROMOSIEPRYS: R90

KKNK-2017-web-Beleef23-Toneel-Liewer

LIEWER

DEBUUT Drama

’n Ko-produksie van Kunste Onbeperk en die US Woordfees. Ondersteun deur die L.W. Hiemstra Trust.

Met Anna-Mart van der Merwe, Brendon Daniels, Wilhelm van der Walt en Tarryn Wyngaard Regie en ontwerp: Jaco Bouwer Teks: Tertius Kapp Musiek en klankbaan: Pierre-Henri Wicomb Produksie- en verhoogbestuurder Zeldi du Plessis Beligtingsontwerp Wolf Britz

’n Lewende disseksie van vier karakters wat dit verdien. Die Hertzog-pryswenner Tertius Kapp plaas die liefde onder kruisverhoor, in gesprek met Patrick Marber se Closer. Tussen hedonisme en sinisme, dierlikheid én dierbaarheid, word nuwe moontlikhede vir teerheid ontgin, deur onder die oppervlak van die liefde se clichés te delf. Die gedugte span van Kapp en Bouwer (Rooiland) vlek weer op onverskrokke wyse die moderne leefwêreld oop. Gratis gesprek met geselskap ná vertoning: 9 April 10:30.

Afrikaans | Geen o/16 N T  | 90 min. | Laerskool Van Reedesaal

8 April 09:00 | 9 April 09:00 | 10 April 09:00 | 11 April 20:00 | 12 April 11:30 | 13 April 20:00 | 14 April 16:30 | 15 April 17:00

WAS: R125

PROMOSIEPRYS: R90

KKNK-2017-web-Beleef23-Toneel-Monsieur-Ibrahim

MONSIEUR IBRAHIM EN DIE BLOMME VAN DIE KORAN

DEBUUT Drama

’n Ko-produksie van Kunste Onbeperk en die Suidoosterfees. Moontlik gemaak deur NATi. Ondersteun deur die Franse Instituut in Suid-Afrika (IFAS).

Met Dawid Minnaar Regie en ontwerp: Philip Rademeyer Produksie- en verhoogbestuurder: Ameera Conrad Teks: Éric-Emmanuel Schmitt Vertaling: Naomi Morgan Oorspronklike titel: Monsieur Ibrahim et les Fleurs du Coran 

Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran speel af in ’n Joodse kwartier in Parys in die 1960’s, waar die gekwelde Joodse seun Moses (of Momo) ’n onwaarskynlike vriend in ’n eensame Moslem-winkeleienaar, Monsieur Ibrahim, vind. Momo se skreeusnaakse, maar tog hartverskeurende, storie begin wanneer hy sy maagdelikheid in ’n bordeel op 11 verloor. Ibrahim is ’n toevlug vir Momo, gee hom raad en leer die vroegryp seun geleidelik dat daar meer in die lewe as prostitusie is en om kruideniersware te steel. Wanneer Momo se pa ­– ’n passiewe, aggressiewe prokureur wat sy seun verwaarloos – verdwyn en dood gevind word, neem Ibrahim die weeskind aan. Die twee besluit om ’n reis deur Europa na Monsieur Ibrahim se geboorteplek te onderneem, wat hulle by die belangrikste kruispad in hul lewens bring. Soos die snaakse en voortreflike verhaal ontvou, wys dit hoe die belangrikste lesse oor lewe en dood geleer word wanneer ons dit die minste verwag.

Afrikaans | OB | 80 min. | Gimsaal

8 April 16:00 | 9 April 19:30 | 10 April 09:00 | 11 April 16:00 | 12 April 12:30 | 13 April 09:00 | 14 April 12:30

WAS: R125

PROMOSIEPRYS: R85

KKNK-2017-web-Beleef23-Komedie-Koninkryk

DIE KONINKRYK VAN DIE DIERE

DEBUUT Komedie

’n Kunste Onbeperk-produksie

Met Dawid Minnaar, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam, Joanie Combrink, Wessel Pretorius en  Ludwig Binge Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson Teks: Roland Shimmelpfenning Oorspronklike titel: Das Reich der Tiere Beligtingsontwerp, produksie- en verhoogbestuur: Chris Pienaar Assistentverhoogbestuurder: Rynhardt van Blerk

Dié pittige komedie takel die meedoënlose stryd van menslike oorlewing in die mees genadelose omgewing: die teater. Ses akteurs speel die rolle van ’n leeu, ’n sebra, ’n gemsbokkoei, ’n muskeljaatkat, ’n maraboe en ’n krokodil, maar die suksesvolle toneelstuk kom tot ’n einde en die magstryd begin om wie in die volgende stuk, Die tuin van goeters, sal speel. Maar hoe om brood te speel? Of tamatiesous? En wat verg peper van jou kreatiewe vermoë? Hierdie is die Suid-Afrikaanse première van die vindingryke en uitstaande komedie deur Duitsland se mees opgevoerde moderne toneelskrywer. Laat die stryd om oorlewing begin. Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 11 April 11:30.

Afrikaans | Geen o/14 | OB | 80 min. | Johnny Bisschoff-saal

8 April 09:30 | 9 April 14:30 | 10 April 19:30 | 11 April 10:00 | 12 April 19:30 | 13 April 19:30 | 14 April 19:30 | 15 April 19:30

WAS: R130

PROMOSIEPRYS: R95

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Amper-Famous

AMPER FAMOUS

DEBUUT Musiekteater

’n Kunste Onbeperk-produksie. Ondersteun deur NATi.

Met V.I.T.O., Anray Amansure, Rushney Ferguson en orkes Regie en vervaardiger: David Kramer Teks en Musiek: Vito Heyn en David Kramer

Amper Famous vertel die storie van ’n jong man van Okiep wat besluit om in sy moedertaal, Namakwa-Afrikaans, te skryf en rap. Hy word deur sy vriende gespot. Hulle weier om hom ernstig op te neem omdat hy nie lyk of klink soos die Amerikaanse hip-hoppers op YouTube nie. V.I.T.O. bly by sy oupa, wat wil hê hy moet ’n werk kry, maar die kopermyne het toegemaak en werksgeleenthede is skaars. Almal raai hom af om ’n kletsrymer te word. Dit is V.I.T.O. se droom dat sy musiek eendag, wanneer hy ’n suksesvolle hip-hop-ster is, erken word en op radio gespeel en nasionale televisie gesien word. Amper famous is die eerste Afrikaanse hip-hop-musiekblyspel wat op die verhoog gesien word. Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 9 April 17:15.

Afrikaans | Gesin  | 60 min. | Gimsaal

8 April 12:30 | 9 April 16:00 | 10 April 19:30 | 11 April 12:30 | 13 April 12:30 | 14 April 19:30 | 15 April 09:00

WAS: R60

PROMOSIEPRYS: R40

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Vlammende-Fez

DIE VLAMMENDE FEZ

Kabaret

’n NATi / Feesteforum-produksie

Met Chris van Niekerk, Loukmaan Adams, Carlo Daniels, Gary Naidoo, Bianca Flanders en Liebschen Saal en ’n tradisionele Kaapse Maleier-sanggroep Regie: Basil Appolis Teks en ontwerp: Lindi-Heila Smit Musiekontwerp: Gertjie Besselsen Musiekfasiliteerder: Kurt Haupt Komposisie en orkesleier: Gertjie Besselsen Vervaardiger: Suidoosterfees

Hierdie musiekspel bevat nuutgeskrewe sowel as 300 jaaroue melodieë, vervleg met verse oor die wêreld van die Kaapse Maleiers geskryf deur I.D. du Plessis. Bekende stories en gedigte in die produksie is onder andere Karnaval, Vreemde liefde en ook die kaalvoetseun wat groente verkoop in die reën, maar ten spyte van sy hartseer steeds vreugde ervaar. Die Vlammende Fez is ’n produksie oor verdeeldheid en versoening. Oor hartseer en geluk. Oor medemenslikheid. Kom luister na die eeue oue roepstem van die muezzin in Afrikaans.

Afrikaans | Gesin  | 60 min. | Gimsaal

12 April 19:30 | 13 April 20:00 | 14 April 09:00 | 15 April 12:30

WAS: 100

PROMOSIEPRYS: R70

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Karen-Zoid-ens

KAREN ZOID EN DIE GEREFORMEERDE BLUES BAND

DEBUUT Kontemporêre musiek

’n Kunste Onbeperk-produksie, in samewerking met Brainwave Productions. Ondersteun deur Tygervallei Winkelsentrum.

Met Karen Zoid en die Gereformeerde Blues Band Musiek: Johannes Kerkorrel, Karen Zoid en die Gereformeerde Blues Band Vervaardiger: Carien Loubser

Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se Eet kreef-album was ’n monumentale album binne die Voëlvry-beweging in die 1980’s. Hierdie is ’n herbesoek aan dié album en die oorspronklike band trek saam met Karen Zoid ’n kontemporêre baadjie aan.

Afrikaans | Geen o/16 | T  | 75 min. | Absa Burgersentrum

9 April 10:00 | 10 April 19:00

WAS:140

PROMOSIEPRYS: R105

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Karoo-Suite

KAROO SUITE

DEBUUT Kontemporêre musiek

’n Kunste Onbeperk-produksie, in samewerking met Coenie de Villiers

Met Coenie de Villiers, Deon Meyer, Jaconell Mouton (klavier), David Klassen (perkussie) en Mauritz Lotz (kitare) Regie en musiek: Coenie de Villiers Teks en projeksies: Coenie de Villiers en Deon Meyer Musiekregie: Jaconell Mouton Produksiehuis: CDV Market Ideation

Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers. Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier seisoene. Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie: dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo. Meyer is ook die verteller op die verhoog. Dit is dié werk se debuutuitvoering. De Villiers het die musiek gekomponeer en die internasionaal bekende skrywer stel sy talent ten toon buite die spanningsgenre. Die bykomende lekkerte is Meyer se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep. Meyer is een van die suksesvolste skrywers in sy genre ter wêreld, maar ook ’n fotograaf van internasionale gehalte.

Afrikaans | Gesin | 70 min. | Absa Burgersentrum

8 April 14:00 | 9 April 19:00

WAS: R140

PROMOSIEPRYS: R105

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Mis-vir-die-ou-oom

MIS VIR DIE OU OOM

Geïnspireer deur Jans Rautenbach

Met o.a. leerders van Vlakteplaas Primêr o.l.v. Andy Fortuin, Ad
Astra Hoërskool Oudtshoorn-koor o.l.v. Elmine Bester, Kambro
Diggers en VGK Oudtshoorn-kerkkoor Samestellers en musiekleiers Awie van Wyk en Mabet van Wyk

Hierdie musiekproduksie word geïnspireer deur die liefde wat Jans Rautenbach vir die kunste en musiek van die Klein Karoo en sy mense gehad het. ’n Eenmalige belewenis met plaaslike stemme uit die Klein Karoo. In samewerking met spesiale gaskunstenaars word die outentieke klanke van Rautenbach se plaas Oulap, tot plaaslike skole en -kerke na die verhoog gebring. Dit is ’n mis vir die ou oom.
Afrikaans en Engels |  Gesin  | 60 min. | Absa Burgersentrum

14 April 14:00

WAS: R60

PROMOSIEPRYS: R40

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Petronel

PETRONEL MALAN – GETRANSKRIBEER

Klassieke musiek

Met Petronel Malan Vervaardiger: Kobus Buys

Petronel Malan is een van Suid-Afrika se mees geliefde konsertpianiste en spog met ’n Grammy-benoeming, ’n Kanna- en kykNET Fiësta-toekenning, The American Prize of Excellence in the Arts en vyf eerste pryse by internasionale klavierkompetisies. Malan is bekend vir kragtige, virtuose klavierspel wat gehore in konsertsale dwarsoor die wêreld betower. In dié program, spesiaal saamgestel vir KKNK 2017, beloof haar innemende persoonlikheid, virtuose tegniek en die wonderklankwêreld van klavier ’n verrykende musikale reis met musiek van haar eerste vyf CD’s en ’n voorsmaak van haar volgende album. Malan se laaste optredes in Suid-Afrika was in 2013, waar sy onder meer voor ’n vol saal by Klein Karoo Klassique opgetree het. ’n Moet vir alle klaviermusiekliefhebbers.

Gesin | 60 min. | Absa Burgersentrum

15 April 16:00

WAS: R140

PROMSOSIEPRYS: R100

KKNK-2017-web-Beleef23-Musiek-Piekniek-by-Mpande

PIEKNIEK BY MPANDE NÉE DINGAAN

Musiekteater

’n NATi / Feesteforum-produksie

Met Nicole Holm, Karli Heine, Nomathamsanqa Baba, Ilana Cilliers, Ludwig Binge en Marlo Minnaar Regie: Wolf Britz Teks en verwerking: Louis Roux Musiekregie: José Dias Musiekassistent: Pierre-Arnold Theron Projeksie-scenograaf: Abri de Swardt Kostuums: Izel van der Merwe Verhoogbestuurder: Danielle Louw Vervaardiger: US Woordfees

In 1988 stik die Afrikaanse establishment in hul koffie oor die omstrede kabaret Piekniek by Dingaan, ’n seminale protesstuk wat die Afrikaanse kunstelandskap ingrypend verander. Heilige koeie is geslag, bloed het gevloei. Die kleinkinders van Verwoerd het ’n vet middelvinger gewys vir die safaripak-en-grys-skoen-brigade en die tannies met die gedoende hare – die naaste wat wit Suid-Afrika ooit aan seks, drugs en rock en roll gekom het. Vandag is Suid-Afrika ’n ander land. Of is dit? Bloed vloei steeds. Heilige koeie is dik gevreet en onverstoord in die “groen, groen land van Natal”. ’n Nuwe generasie protesteer, terwyl die klippe reën in Braamfontein.

Afrikaans | Geen o/16 | G S D  | 90 min. | Gimsaal

8 April 19:30 | 9 April 12:30 | 10 April 16:00 | 11 April 09:00 | 12 April 09:00 | 13 April 16:00 | 14 April 16:00 | 15 April 16:00

WAS: R125

PROMOSIEPRYS: R85

KKNK-2017-web-Beleef23-Woordkuns-Haidee

HAIDEE MULLER SE LUCKY DIP

Met Andy Paulse, Ossie Johannes, Monica Thomas (Nokkie) en Paul Amas

Haidee reis wyd om stories vir RSG te versamel. Sy het drie van haar gunsteling-storievertellers in die wêreld genooi om hul beste verhale met haar te deel. Kom ontmoet vir Andy Paulse, digter van die Koue Bokkeveld, Oom Ossie Johannes, storieverteller van Mamre, en Monica Thomas (Nokkie), ’n boorling van Leeu-Gamka en deesdae huiswerker in Kaapstad wie se kleurryke vertellings reeds uitgegee is as Nokkie se stories. Paul Amas maak tussendeur musiek.

Afrikaans | OB | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 12 April 18:30

WAS: R100

PROMOSIEPRYS: R70

KKNK-2017-web-Beleef23-Woordkuns-Kom-Raas

KOM RAAS EN MELK DIE HEILIGE KOEIE

Met Deon Maas, Schalk Bezuidenhout en Die Hooflig

Staan nader vir staaltjies uit die skadukant van die vermaaklikheidsbedryf en omstrede menings oor omstrede teorieë wat Die Hooflig laat rym met woorde uit Worcester

Afrikaans | OB | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 9 April 18:30

WAS: R100

PROMOSIEPRYS: R70

KKNK-2017-web-Beleef23-Woordkuns-So-vat-jy-die-volksmusiek

SO VAT JY DIE VOLKSMUSIEK SAAM MET DIE RAP

Met Hannes Coetzee (Karoo Kitaar Blues), Churchil Naudé, Frazer en Deniel Barry (Tribal Echo)

Dié kunstenaars is bekend as musikante, maar om die kampvuur vertel hulle die kwaaiste stories saam met warm volksmusiek en rymklets op die maat van Oom Hannes se lepel en glykitaar.

Afrikaans | OB  | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 8 April 18:30

WAS: R100

PROMOSIEPRYS: R70

KKNK-2017-web-Beleef23-Woordkuns-Wat-ons-vir-die-oumense-wil-se

WAT ONS VIR DIE OUMENSE EN DIE PRESIDENT WIL SÊ

Met Shirmoney Rhode, Bibi Slippers en Danie du Toit (Spoegwolf)

Danie Marais vra die jong digters Shirmoney Rhode en Bibi Slippers en Danie du Toit, sanger-liriekskrywer van Spoegwolf, waar dit jeuk en wat krap. Kom luister hoe hulle stories vertel van grootword in Elsiesrivier tot Natal en hoe hulle voel oor Instagram, Ingrid Jonker, die Zuptas en Taylor Swift. Du Toit gooi tussendeur ’n paar akoestiese tunes.

Afrikaans | OB  | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 10 April 18:30

WAS: R100

PROMOSIEPRYS: R70

KKNK-2017-Beleef-Dit-web-button-PDF-program-Huisgenoot

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?