Baron van Reedestraat: Die hartklop van die fees

Baron

Groot opwinding lê voor vir feesgangers in Baron van Reedestraat. Vanjaar beloof om nóg groter en nóg beter te wees soos wat internasionale en plaaslike kunstenaars die uithoeke van dié gewilde KKNK-straat beset.

Die ATKV-Kampvuur word hierdie jaar aangebied deur Haidee Muller. Muller, gewilde RSG-aanbieder en ’n boorling van Oudtshoorn, verwelkom elke aand met sonsondergang feesgangers by die kampvuur.

Onder die Karoo-sterre kom storievertellers vanuit al die uithoeke van die land bymekaar om te kuier en verhale van heinde en verre te deel. Die snare word tussendeur getokkel en ’n glasie wyn word geklink. ATKV-Kampvuur word op 29 Maart, 31 Maart en 2 April regstreeks op RSG uitgesaai en is gratis.

Die kykNET-verhoog in Baron van Reedestraat bied ’n oase vir jonk en oud. Jy kan hiér jou gunsteling-TV-akteurs ontmoet, uittreksels en kort voorskoue van verskeie feesjuwele op die program sien en gasoptredes deur verskeie musikante verwag.

Verskeie verrassings wag op feesgangers met internasionale kunstenaars van onder meer Nederland en Vlaandere, asook straatkunstenaars van regoor Suid-Afrika. Die kunstenaars tree daagliks op in verskeie ruimtes en plekke in Baron van Reedestraat en ander dele van Oudtshoorn.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?