Bal-Oog en Brommel – Moord In Ixiastraat

Moord-in-Ixiastraat-(3)-1000x500

Die Avonture van Bal-Oog en Brommel maak sy debuut by die US Woordfees

Die treffende grafiese roman Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixiastraat debuteer as ‘n prettige en aangrypende teater produksie by die US Woordfees.

Die vertonings vind plaas by die Hoërskool Lückhoff en daar is slegs drie datums waarop dit gesien kan word, 7, 10 en 11 Maart by die Woordfees. Daarna volg drie vertonings in Oudtshoorn by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van 29 – 31 Maart.

Die grafiese roman Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixiastraat is offisieel in September 2017 bekend gestel . Dit het reeds ‘n kultus status bereik en die eerste druk verkoop flink. In die strokiesverhaal beskryf die avonture van twee tiener maats, Bal-Oog en sy beste vriend Brommel. Dit is geskryf deur Sjaka Septembir, geïllustreer deur Willem Samuel en gekleur deur Swart Streep en word nou lewe gegee op die verhoog deur van ons land se top akteurs.

Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixiastraat is aangepas vir die verhoog met die teks deur die akteur, skrywer, regisseur en vervaardiger, Sjaka Septembir. Die regie word behartig deur die bekroonde Gideon Lombard (Die Reuk van Appels, …miskien, The View, Suidooster) en die spelers is Richard September (Rooivalk, Rondomskrik, Marat/Sade) as Brommel en De Klerk Oelofse (Liewe Heksie: Flower Power, Na-aap, Balbesit) as Bal-Oog, met musiek en by klanke deur Gertjie Besselsen (Slegs Vir Almal, Die Vlammende Fez, Die Storm).

Die skreeusnaakse speur verhaal word vertel in ‘n strokiesprent teater styl wat jou sal weg voer op ‘n rys saam met die beminlike en avontuurlustige Bal-Oog en Brommel.

Wie het Kobus vermoor? Wat lê agter die moord? Bal-Oog en Brommel besluit om ondersoek in te stel. Wanneer Boltjie – Bal-Oog se hond – snuf in die neus kry, vind Bal-Oog en Brommel hulself meteens in ‘n avontuur gevul met spanning en humor – wat hul in die donker onderwêreld van Milnerton in ly.

Om sake te kompliseer is Bal-Oog verlief op Anja – die vermoorde Kobus se meisie. En die misterieuse bak? Hoe sluit dit by Kobus se moord aan?

“Bal-Oog en Brommel pak hul eerste speurverhaal holderstebolder, met kaal hande aan. Dit lei tot ‘n reeks humoristiese situasies,” vertel Septembir. “Tussen deur al die opwinding, besef hul dat hul miskien nie die wêreld wil red nie, maar liefs net hul vakansie wil geniet en musiek wil maak!? Ek is baie opgewonde oor die teaterspan wat die storie lewe gee, dit is ‘n visieële en teatrale fees! “.  

Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixia Straat word opgevoer by die US Woordfees by Hoërskool Lückhoff op die 7de Maart om 15:00, en die 10de Maart om 20:30 en 11 Maart om 19:30. Kaartjies kos R100 – R120 by Computicket 0861 915 8000, aanlyn by www.computicket.com of R110 – R140 by die deur.

Die produksie word opgevoer by die KKNK in die Grieselsaal op 29 Maart om 16:00; op 30 Maart om 18:30 en 31 Maart om 20:00. Kaartjies kos R125 by Computicket 0861 915 8000, aanlyn by www.computicket.com of R140 by die deur.

Vir meer informasie oor Bal-Oog en Brommel gaan na www.bal-oog.co.za

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?