Architectus Konstruksie

resize-19

Kunstenaars: Chrisel van der Merwe Medium: Verskeie

Chrisel van der Merwe se uitstalling sluit ’n versameling van eksperimentele drukkuns, beeldhouwerk, videokuns, skilderkuns en installasie in. Architectus Konstruksie speel met die idee en kern van konstruksie deur oomblikke van ’n stad se ontwikkeling op ’n nuwe en skerpsinnige manier vas te vang. Die interaktiewe aard van die uitstalling bied vir die kyker ook verskillende moontlikhede van ’n sensoriese en sintuiglike ervaring: tas, verbeelde aanraking, gehoor, reuk en sig. Die kunstenaar se inspirasie spruit uit skepping, verval en hernuwing binne die deurlopende toestand van verandering in ’n stad. Sy ondersoek die tweeledige aspekte van konstruksie. Deur koperplate rondom en van konstruksieterreine in Johannesburg te beskadig, vang sy die spontaneïteit, die toevalligheid en die vernietigende aard van konstruksie vas.  Aan die ander kant belig sy die orde en noukeurige metodologie van konstruksie wat ons daaglikse bestaan orden.

Gratis | 480 min. | Prince Vintcent-gebou

Daagliks 09:00 tot 17:00 (2 en 4 April 10:00 tot 17:00)

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?