Age of Innocence

resize-20

Kunstenaars: Jean Brundrit, Odette Graskie, Mmabatho Grace Mokalapha, Barbara Wildenboer, Minenkulu Ngoyi, Sitaara Stodel, Steven Bosch, Nina Liebenberg, Ledelle Moe, Khaya Sineyile, Sonwabiso Ngcai en Miranda Moss Medium: Verskeie Kurator: Nadja Daehnke

Met taksidermie word die liggaam van ’n dier opgestop en bewaar, of om uit te stal of om te bestudeer. Die woord taksidermie kom van die Griekse taxis en derma. Taxis beteken “ordening” en derma beteken “vel”. Letterlik beteken taksidermie die “ordening van vel”. Bes moontlik dui taksidermie op ’n “age of innocence”, waarin rasionaliteit aanvaar is as ’n stuwende krag, waarin die mens geheers het, waarin die aarde ’n plek van oorvloed was. Kunstenaars ondersoek hierdie “age of innocence” vanuit hul eie era van die Antroposene, van ’n onteenseglike aandadigheid aan ekologiese/biologiese bandeloosheid. Vanuit ’n sogenaamde postkoloniale en postmoderne tyd na die meesterlike ordening van die moderne era.

Gratis | 480 min. | Prince Vintcent-gebou
Daagliks 09:00 tot 17:00 (2 en 4 April 10:00 tot 17:00)

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?