Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huis

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-ag-ek-val-sommer-met-die-holm

DEBUUT Komedie

Met Marion Holm Regie: Chris Vorster Vervaardiger: Handyminds

Dit is Marion Holm en Chris Vorster se negende haas wat hulle uit die hoed ruk. [En géén haas is beseer tydens die proses van uitruk en op die planke bring nie]. Dit is Holm se 14de solovertoning en hierdie keer praat sy vir ’n slag nie nét bog nie, nee-heeee, hierdie keer gesels sy oor die feit dat géén mens se lewe immuun is teen pyn nie, maak nie saak hóé ryk of mooi of maer jy is nie. Sy klets oor prettighede soos siektes, ouderdom, swaarkry en leed – sonder enige lewenservaring, maar met baie humor. Hierdie mag dalk die meeste wees wat jy nog ooit gelag het oor swaarkry en swaar wees. Soos gewoonlik is Holm se daaglikse doen en late die onderwerp, inhoud en oorsaak van die grap (alle grappe is tuisgebak en ten koste van haarself). As jy voel die druk van ons moderne samelewing word vir jou te veel, is hierdie die vertoning vir jou – jy sal uitstap en baie beter voel oor jou swaar lewe. (As jy dit egter geniet om terneergedruk te wees, is hierdie dalk nié die produksie vir jou nie.)

Afrikaans • Gesin | R120 | 70 min. | Hoërskoolsaal

8 April 13:00 | 9 April 16:30 | 10 April 19:30 |  11 April 13:00

Klik hier om kaartjies te koop.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?