Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huis

holm

Wanneer komedie persoonlik raak

Ilza Roggeband

Dis ook net Marion Holm wat die snaakse kant van borskanker sal sien. In haar nuwe produksie, Ag, kom ek val sommer die Holm in die huis, het sy voor ’n uitverkoopte saal van haar persoonlike reis van die afgelope jaar of wat vertel.

Dit is die negende keer wat Holm en Chris Vorster saam werk, hy as regisseur en sy as kunstenaar en skrywer. Dit is haar veertiende solovertoning, maar hierdie keer is dit baie persoonlik. Waar sy voorheen verskeie karakters vertolk het en hul stories vertel het, vertel sy hierdie keer haar eie stories. Soos die nota in die programgids sê: “Hierdie keer gesels sy oor die feit dat géén mens se lewe immuun is teen pyn nie, maak nie saak hoe ryk of mooi of maer jy is nie.”

Sy vertel van die gesukkel om haar universiteitsgraad te voltooi. Met haar skerp waarnemingsvermoë en sin vir humor laat sy die gehoor skater. Enigeen wat al parkeerplek op Stellenbosch gesoek het, sal weet haar beskrywings is in die kol.

Holm sien altyd die positiewe kant van die lewe en wanneer sy vertel van haar reis met borskanker, is dit dan ook die gehoor se ervaring. Sy waarsku dat sy dalk prekerig kan raak en sommige mense in die gehoor sou dit dalk so ervaar, maar dit is duidelik dat hierdie nuwe produksie na aan haar hart lê en dat sy haar eie ervaring – wat raad, humor en gewaarwordinge insluit – met soveel moontlik mense wil deel.

Holm is ’n ou pro. Sy weet hoe om ’n storie te vertel en sy weet hoe om ’n gehoor te vermaak.

Dié produksie is dalk anders as haar ander produksies, maar as jy ooit die kans kry om dit elders te sien – veral as jy ’n vrou is – maak ’n plan.

Komedie. Geen verder vertonings nie.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?