AFRIKA MY VERLANGE / AFRIQUE MON DÉSIR

Afrique-mon-Desir-(Afrika-my-verlange)-(2)

Kontemporêre musiek

Ondersteun deur NATi en Kunste Onbeperk

Met Laurinda Hofmeyer (sang en klavier), Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme), Malako Wekuna-Soba (sang), Yamamoto Bonkuta Loyeke (sang), Deodata Kinzunga-Walo (sang), Kayembe Ilunga (kitaar), en Dylan Roman (trekklavier)

Regie: David Kramer Musiekregie: Schalk Joubert Musiek: Laurinda Hofmeyr Animasie: Diek Grobler Produksiebestuurder: Vicky Davis Vervaardiger: Cape Town Music Academy

In Afrika my verlange / Afrique mon désir span legendariese regisseur, David Kramer, kragte saam met die veelbekroonde sanger en komponis, Laurinda Hofmeyr, en baskitaarspeler en vervaardiger, Schalk Joubert. Tesame met ’n wêreldklas-ensemble van sangers uit Wes-Afrika, ontdek hulle ’n skatkis van Afrika-poësie uit lande soos Madagaskar, Mauritanië, Senegal en Tsjaad, asook op eie bodem in die werke van Breyten Breytenbach en Antjie Krog. Hierdie literêre fees word deur Hofmeyr getoonset en gekombineer met Afrika-geïnspireerde melodieë en meesleurende animasieprente deur die gevierde kunstenaar, Diek Grobler, om hierdie ’n energieke, oudiovisuele musiek-ervaring te maak.

Dit word aangebied in Frans, Afrikaans en ander Afrika-tale. Afrika my verlange / Afrique mon désir ondersoek temas van verplasing en verlange, asook ’n diep gedeelde band tussen die Afrika-vasteland en sy bewoners.

Afrikaans, Frans en verskeie Afrika-tale | Gesin | R125 (R140 by die deur) | 75 min. | Absa Burgersentrum
2 April 18:00; 3 April 14:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?