SÓ TOETS ONS KONTANTLOOS BY DIE KKNK

Absa-1349-x-250-banner

Met die hulp van Absa, is sekere projekte en areas by die KKNK hierdie jaar kontantloos.

Sekere betalings by die KKNK is nou makliker as ooit. Feesgangers wat by die Uitkampteater, Liplekker, Absa Kuierkamer en Feeskroeë in die Rivierbuurt, Baron van Reedestraat en die Musiekplaas ’n draai maak, of die Pendeldiens wil gebruik, gaan dié voordele geniet. Dit is gerieflik, veilig en geld wat nie gebruik word nie is terugbetaalbaar.

Lees onder hoe om die kaart te gebruik:

Stap 1: Kry ’n kaart

By Absa-laaistasies of by promotors in rooi Kontantlose T-hemde. Kaarte kos R10. Laai jou eie bedrag, of kies ’n vooraf-gelaaide kaart.

Stap 2: Tik dit

As jy reg is om te betaal, tik bloot met jou kaart teen die betaaltoestel. Sien jou beskikbare balans op die betaaltoestel, of op jou betaalstrokie.

Stap 3: Laai nóg geld

Op dieselfde kaart by ’n Absa-laaistasie.

Stap 4: Onttrek jou balans

SMS die unieke kode agterop jou kaart na die nommer daarby. Jy ontvang ’n wagwoord. Gebruik dit by ’n Absa-OTM om jou kontant te onttrek.

Tap-&-Go-01-white-R1-500x400

Gebruik jou kaart hier:

Kontantloos (i.p.v. koepons) by:
Pendeldiens, Uitkampteater, proeë by Liplekker, Absa Kuierkamer en Feeskroeë (Rivierbuurt, Baron van Reedestraat en Musiekplaas)

Tik-vriendelik (kontant of kontantloos word hier aanvaar):
Koffiewinkel in die Binnehof (C.P. Nel-museum), Hap-en-Tap, ATKV-Neelsie Teater Koffiewinkel, Knuppeldik restaurant onder die Absa Burgersentrum.

Tap-&-Go-02-white-R1-500x400

Voordele:

Die Absa en KKNK-kontantloossisteem is gerieflik en maklik om te gebruik. Koop jou kaart by uitgsoekte betaalpunte en sekere kroegareas tydens die fees. Daar is ook promotors (in rooi) wat by die fees rondloop by wie jy die kaart kan koop. Die kaart kos slegs R10 en word gelaai met voorafbepaalde bedrae. As die geld op die kaart op is, kan jy hom enige tyd herlaai.

Veilig:
Die kontantlosesisteem is ‘n veilige opsie by die KKNK 2016. By uitgesoekte venues soos die Absa Kuierkamer, Uitkampteater, Liplekker, Feeskroeë in die Rivierbuurt, Baron van Reedestraat, die Musiekplaas asook die Pendeldiens, kan jy van hierdie veilige, maklike sisteem gebruik maak. Betaling geskied op ’n Tik-en-Koop basis, waar jy slegs jou kaart teen die  betaaltoestel tik om jou betaling te maak. Areas waar kontant en kontantlose kaarte aanvaar word is die koffiewinkel in Die Binnehof van die C.P. Nel-museum, Hap-en-Tap-feesrestaurant, Die ATKV-Neelsie Teater Koffiewinkel en die Knuppeldik restaurant onder die oorhang van die Absa Burgersentrum.

Van-Loveren-82-(Large)
500x400-cash

Terugbetaalbaar:
As jy nie al die geld op jou kaart tydens die fees gebruik nie, moenie bekommerd wees nie, want die balans op jou kaart kan na die fees aan jou terugbetaal word. Agterop jou kaart is daar ’n unieke kode en ’n nommer om te SMS. Jy sal ’n kode ontvang wat jy by ’n Absa-OTM intik om jou oorblywende geld terug te kry.

*Bepalings en voorwaardes geld.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?