Absa bring kuns en skoonheid na Oudtshoorn by 2018 KKNK

resize-14

Absa sal weer eens tydens die 2018 KKNK kuns na die hart van Oudtshoorn bring, met ʼn veldtog waarin ʼn aantal “funksionele” kunswerke oor die dorp heen geïnstalleer sal word om sodoende die dorp se status as Suid-Afrika se “kunstuiste” te vier.

Absa L’Atelier-kunstenaars sal onder leiding van dr Paul Bayliss, Absa se kuns- en museumkurator, saamwerk om die kragtige, funksionele kunswerke lewe te gee – gebaseer op die 2018 L’Atelier-veldtog se tema: ‘Gee kuns lewe’. Dié skouspelagtige werke, wat ʼn vermenging van vorm en funksie sal wees, sal op aangewese plekke in en om Oudtshoorn geplaas word om kuns-hulde aan die dorp te bring vir sy rol in die kultivering van die kunste.

ʼn Bykomende “funksionele” kunswerk sal ook geskep word, maar Absa wil graag die gemeenskap van Oudtshoorn betrek. Absa, wat ʼn langdurige verhouding met die KKNK het, nooi die inwoners van Oudtshoorn om hulle eie voorleggings te doen vir die “funksionele” kunswerk, wat ʼn ereplek in die dorp sal inneem.

“Absa was nog altyd ʼn trotse ondersteuner van die kunste, en deur ons betrokkenheid by die KKNK sedert die beginjare van die fees, het ons hard gewerk om platforms vir Suid-Afrikaanse kunstenaars te skep om – ongeag hulle veld – te floreer,” sê Adam Brooke, Absa Borgskapbestuurder. “Ons wil graag ʼn langdurige, kragtige en positiewe stempel afdruk op die dorp wat soveel gedoen het om die kunste selfs groter hoogtes te laat bereik. Ons voel dat die skepping van kragtige, funksionele kunswerke die gemeenskap van Oudtshoorn geweldig sal baat, en ʼn blywende nalatenskap sal wees.”

Dr Bayliss sal tydens die 2018 KKNK begeleide kunstoere gee en elkeen van die installasiepersele besoek om besoekers ʼn rare blik te gee op die kreatiewe prosesse agter die ontwikkeling en skepping van die kunswerke.

Voorleggings vir die funksionele kunswerk kan per e-pos aan Mareth Jooste (marethj@playmakers.co.za) gestuur word en moet ʼn kort beskrywing insluit van jou kunsidee agter die werk asook die funksionele voordeel wat dit vir die gemeenskap inhou. Enige fotoverwysings is welkom. Die persoon wat die beste voorstel indien, sal met vriendelike vergunning van Absa vier kaartjies wen na ʼn doelgemaakte BBP-optrede deur een van die top kunstenaars by die 2018 KKNK. Die sperdatum vir voorleggings is 22 Januarie 2018, en bepalings en voorwaardes geld.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?