23ste KKNK gevul met hartstories

 

Op 14 April publiseer Netwerk24 ’n artikel oor die verskeidenheid aangrypende hartstories in verskillende tale op die verhoë by die KKNK.

Die woord nasionaal in die naam van Suid-Afrika se eerste Afrikaanse kunstefees is vanjaar meer as voorheen beklemtoon. Die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees sal veral onthou word vir die opklink van verskeie hartstories in verskillende tale.

Van Kharkams tot Loxton, van Kaapstad tot Johannesburg – leefwêrelde is oopgestel in verskeie uitblink-teaterproduksies. Uit die klassieke Afrikaanse teaterskat is Reza de Wet se Asem en Chris Barnard se Pa, maak vir my ’n vlieër, Pa aangrypend opgevoer. Dramas van jonger dramaturge soos Neil Coppen (Buite Land), Tertius Kapp (Liewer) en Jason Jacobs (In wag van, Stof Rooi en Kalahari Swaan) lewer indringende kommentaar op intieme en openbare leefwêrelde.

Lees mer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?